My baas se man
Ek het nou die dag my baas (op wie ek ‘n hengse crush het, of gehad het) se man ontmoet. Wat ‘n oulike mens. Dit het my baie gehelp om hom te ontmoet, want nou as ek aan my baas dink, dink ek aan hom ook, en aan hulle as ‘n paartjie. Dis eintlik ‘n yslike verligting op ‘n manier.
Aards
Ek het op twee blogs by WordPress stukke gelees wat magies mooi en aards oor hul liefdeslewe skryf – die een blog is nogal deur ‘n man. Ek weet nie of ek moet uitwys wie so mooi skryf nie, netnou delete hulle dit of iets. Al wat ek sal sê is dat albei in my blogrol is.


Onlangse Kommentaar