Vrouehaat
Die ding met ‘n vrouehater is dat hy self nie weet of erken hy is een nie. Want as daar ‘n meisie of vrou is wie se skoonheid hy bewonder, dan behandel hy haar selfs soos ‘n koningin.
Maar as daar ‘n vrou is wat nie aan sy “standaarde” voldoen nie – dalk omdat sy nie jonk, ferm of slank genoeg is nie, dis dan wat sy vrouehaat na vore kom.
Want eerstens sien hy haar omtrent nie raak nie – haar menswees is min of meer onsigbaar. Hy kan wel nou en dan haar voorkoms beledig, maar dis nie baie intens bedoel nie, sy moet volgens hom maar dit maar net ligweg aanvaar, dis mos maar hoe die lewe is.
Maar as sy dit dalk sou waag om iets te doen wat nie so onsigbaar is nie, byvoorbeeld om te gaan swem of op die strand te verskyn, ’n naakfoto te laat neem, of om sy houding uit te daag, of om die hele stelsel te kritiseer, dan is daar geen keer aan hom nie. Iets dwing hom om haar dan so te probeer beledig dat sy dit nooit weer sal waag om daardie sonde teen die man te pleeg nie. Hy wil haar dan so herhaaldelik en intens verneder, terug in haar onsigbaarheid in, dat sy dit nooit weer sal waag om selfs koel aan te trek wanneer dit warm is nie. Geen liggaamsdeel is buite perke vir die afkraak nie.
En sy moet ook nie kwaad, hartseer of enige ander gevoel oor die manier hoe sy behandel word, laat blyk nie. Nee. Hy sal vir haar bepaal hoe sy daaroor moet voel. Sy moet nie so fyngevoelig wees nie, dis nie so erg nie.
Dit is hoe vrouehaters is.
Maar wie is hulle? Afrikaners, Mighty Men? Nee, dis ‘n wereldwye probleem, en een van die ergste groep vrouehaters is die wat hulle dae daaraan spandeer om vroue op die blogs, Twitter en Facebook af te kraak.
Vuil praatjies
Toe ek so 12 was, het ons soms ‘kattekwaad’ gedoen. Dit het behels om mense se deurklokkies te gaan lui, of ‘n klip op hulle dak te gooi, en dan weg te hardloop.
Ja, ons was regtig so clueless en simpel!
Een aand het ons verby ‘n huis geloop wat vroer deur ons gepla is, en daar keer ‘n vrou ons voor.
Sy het wilde los hare gehad, en met ‘n bier in die een hand, en ‘n sigaret in die ander het sy ons so sleggesê en gevloek dat die see ons nie kon skoonwas nie.
Ek onthou ek het baie geprikkel gevoel.
Ek dink vloek en vuil taal het ‘n plek in die lewe het wat nie deur middelklas vrese en waardes verdring kan word nie.
Vloek het ‘n rol om uiting te gee in ‘n konflik, soos om die klein wetters wat ‘n klip op jou dak gegooi het, ‘n les te leer. Dis dalk nie die beste manier nie, maar dit is beter as byvoorbeeld aanranding.
En as albei partye in ‘n seksuele verhouding van vuil praat hou, wel, wat is daar om te veroordeel?
Maar iewers is daar ‘n lyn om te trek. Die lyn, dink ek, is wanneer vuil taal jou belangstelling word. As iets so eenvouding jou laat tick, moet jy maar lekker dof wees.
Lees ook hier:
- ek dink Son bewoord dit baie goed (met vloekwoorde en al!)
***
Ek kry ‘n slegte gevoel van hoe party mans oor vroue praat.
‘n Gevoel wat my laat wonder of daardie man dalk eintlik ‘n hardhandige oer is wat, as hy ooit so gelukkig is om ‘n vrou in sy lewe te kry, haar sleg gaan behandel, en steeds gaan aanhou om eerder sy maters te wil beindruk as om vir haar om te gee.
Dit kan miskien wees dat mens hier en daar ‘n man kry wat graag in kru taal met sy maters vroue se anatomie en seksuele eienskappe bespreek, maar wat eintlik ‘n ruwe diamant is, wat sag met ‘n vrou sal werk.
Maar eintlik dink glad nie so nie. Hoe hy met sy maters praat wys hoe hy gaan wees.
My lieflike baas
My projekbestuurder is ‘n baie eksentrieke vrou. Mens kan dit sien aan hoe sy loop, haar hare, hoe sy aantrek, en alles wat sy doen, dat sy alles vir haarself besluit, en haar nie juis steur aan konvensie of mode nie. Sy is nogtans baie professioneel, hardwerkend en georganiseerd (meer georganiseerd as wat ek ooit kan hoop om te wees). Maar sy is vol pret – sy hou selfs van sekssistiese grappies (nes ek).
Vrou by kunsuitstalling
Eenkeer was ek by ‘n kunsuitstalling, en daar was ‘n vrou van so in haar vyftigs wat ook uitgestal het. Toe ek na haar interessante skilderye kyk, sien ek almal het min of meer dieselfde tema – ‘n vrou wie se borste so ‘n bietjie wys -vir watter rede ookal. Die een buk byvoorbeeld om ‘n ou man se kierie vir hom op te tel. En toe ek verder kyk, besef ek daar is in elke skildery ‘n man of seun wat belangstellend toekyk. Ek kliek to dat die mans haar eintlike tema is, en op daardie oomblik word ek bewus dat die uitstaller na my kyk. Ek kyk toe in haar rigting en sien sy kyk my met sulke vonkelogies aan!
Simpel mans
Sy het die vergadering gelei want sy is die projekbestuurder. Sy was sjarmant en professioneel.
Al die ander in die vergadering was mans. Die een so verwaand en selfbehep soos die ander. En met irriterende aanwendsels ook nog. Na die tyd het hulle sarkastiese aanmerkings oor haar gemaak. Behalwe ek het niemand opgelet hoe aantreklik sy is nie, want sy pas nie in by die poppie-idee wat mans vir mekaar wysmaak oor hoe ‘n vrou moet lyk nie. Want sy is so ongeveer 40, met bree heupe en ‘n eksentrieke voorkoms. Sy lyk en is eintlik ‘n bietjie soos Ms Frizzle:

Wat kan nou meer pret wees as om saam met Ms Frizzle te werk?

Onlangse Kommentaar