Kaal meisies, mooi natuurlike vroue. Die mooiste fotos ooit. Die beste mans ooit

Posts tagged “manwees

Vuil praatjies

Toe ek so 12 was, het ons soms ‘kattekwaad’ gedoen.  Dit het behels om mense se deurklokkies te gaan lui,  of ‘n klip op hulle dak te gooi, en dan weg te hardloop.

Ja, ons was regtig so clueless en simpel!

Een aand het ons verby ‘n huis geloop wat vroer deur ons gepla is, en daar keer ‘n vrou ons voor.
Sy het wilde los hare gehad, en met ‘n bier in die een hand, en ‘n sigaret in die ander het sy ons so sleggesê en gevloek dat die see ons nie kon skoonwas nie.

Ek onthou ek het baie geprikkel gevoel.

Ek dink vloek en vuil taal het ‘n plek in die lewe het wat nie deur middelklas vrese en waardes verdring kan word nie.
Vloek het ‘n rol om uiting te gee in ‘n konflik, soos om die klein wetters wat ‘n klip op jou dak gegooi het, ‘n les te leer.  Dis dalk nie die beste manier nie, maar dit is beter as byvoorbeeld aanranding.

En as albei partye in ‘n seksuele verhouding van vuil praat hou, wel, wat is daar om te veroordeel?

Maar iewers is daar ‘n lyn om te trek.  Die lyn, dink ek, is wanneer vuil taal jou belangstelling word.  As iets so eenvouding jou laat tick, moet jy maar lekker dof wees.

Lees ook hier:
- ek dink Son bewoord dit baie goed (met vloekwoorde en al!)

***

Ek kry ‘n slegte gevoel van hoe party mans oor vroue praat.

‘n Gevoel wat my laat wonder of daardie man dalk eintlik  ‘n hardhandige oer is wat, as hy ooit so gelukkig is om ‘n vrou in sy lewe te kry, haar sleg gaan behandel, en steeds gaan aanhou om eerder sy maters te wil beindruk as om vir haar om te gee.

Dit kan miskien wees dat mens hier en daar ‘n man kry wat graag in kru taal met sy maters vroue se anatomie en seksuele eienskappe bespreek, maar wat eintlik ‘n ruwe diamant is, wat sag met ‘n vrou sal werk.
Maar eintlik dink glad nie so nie.   Hoe hy met sy maters praat wys hoe hy gaan wees.


Daar sit (nog steeds) ‘n dom ou aan my vas*

Ek het iewers gelees van ‘n skrywer wat van sy eie seksualiteit gesê het dis soos om te lewe met ‘n dom ou wat aan jou vas is, en wat jy oral met jou moet saamsleep en versorg. Eers toe hy oud was, kon hierdie skrywer die verligting beleef om van die dom ou ontslae te raak, en sy menslike verhoudings en skrywery te geniet sonder dat die dom ou heeltyd dinge opvoeter.

Die skrywer het natuurlik ‘n punt beet – daardie dom ou is ook aan my vas, en ek moet dinge doen om hom in bedwang te hou soos byvoorbeeld oefening.  (Fietsry help glad nie, dit maak mens net nog meer jags – dit moet iets wees wat harder op die lyf en gebeentes is, soos rugby, draf,gewigte of touklim)

Maar ek beleef nie my seksualiteit regtig as ‘n las nie – ek geniet dit eerder.  Dit is totaal deel van my, en ek vermoed as ek eendag 100 is, sal ek nog steeds meesal vroue verkies en hulle lieflikheid geniet bo enigiets anders.

Maar as jy na vroue kyk, moet jy darem onthou dat dit nie altyd noodwendig vir haar lekker of gemaklik is nie, en as dit gebeur dan moet jy elders kyk.  Veral as jy in ‘n magsposisie teenoor haar is, byvoorbeeld as jy haar haar werkgewer is.   As die vrou is maar te bly om ‘n werk te hê, voel sy dalk verplig om vir jou, haar baas te glimlag terwyl sy heimlik sukkel om  haar walging vir jou in bedwang probeer hou.

Gelukkig is baie vroue nie in so ‘n magtelose situasie nie, en vir die meeste van hulle is dit maklik om met ‘n blote gesigsuitdrukking die man te ignoreer aan ‘n manlike bewonderaar te wys hoe sake staan.  En gelukkig vang mans gewoonlik (hopelik) hierdie soort seine.


Mr Antolini

Dis nou al lank terug dat ek The Catcher in the Rye gelees het, maar daar iemand wat my bybly is Mr Antolini.  In die boek is hy die onderwyser wat die arme, verwarde Holden probeer help om volwasse te word en op sy studies te konsentreer, eerder as om ‘n kind te probeer bly.   Holden het ‘n groot bewondering vir hom, onder meer oor die keer toe hy ‘n ander seun wat selfmoord gepleeg het, se gebroke en bebloede liggaam weggedra het, sonder om  te gril vir die bloed, en sonder om sy klere skoon te probeer hou. (Hy wat Holden is, gril vir elke tweede ding).

Maar Mr Antolini is nie die perfekte man nie, hy het voete van klei.


Vet aanvaarding – Moenie bang wees nie

As jy ‘n man is, tel ander mans se opinie oor jou meisie se vorm glad nie.   As jy ‘n muis is – wel dan is dit natuurlik totaal bepalend.

bg6

(meer…)


My baas se man

Ek het nou die dag my baas (op wie ek ‘n hengse crush het, of gehad het)  se man ontmoet.  Wat ‘n oulike mens.  Dit het my baie gehelp om hom te ontmoet, want nou as ek aan my baas dink, dink ek aan hom ook, en aan hulle as ‘n paartjie.   Dis eintlik ‘n yslike verligting op ‘n manier.


Jacek Malchevsky

jm5

jm3

(meer…)


Die onmoontlike gebod

Een keer was ek in ‘n swembad by ‘n oord, en daar was van daardie pype waar mens so in ‘n spiraal saam met die water afgly. Ek het in die swembad gestaan, en toe sien ek ‘n vrou van so rondom 40 wat met haar twee jong kinders speel. Sy het saam met hulle by die pyp afgegly, en was heeltemal deel van hulle spel en baie liefdevol met haar kinders. Vir ‘n rukkie het ek net geniet om hulle te sien speel, al het ek gesien sy is baie mooi.

(meer…)


Verstaan asseblief wat die Marie Clare fotos wil sê oor vroue

Jy kan ook van vetaanvaarding lees op hierdie blog; Hierso (jy weet jy wil)

Mense besoek my blog, nie bietjie nie – agter Minki-hulle se kaalfotos aan.  Ek het besluit om my nuttig te hou, en elke foto se betekenis in woorde te sit.  Die fotos is so goed gedoen, en behoort te help om geweld teen vroue te bekamp as mens die fotograaf / Marie Clare / POWA se bedoeling kan verstaan.  Die goed wat ek hieronder skryf gaan oor die fotos, en is nie noodwendig waar van die modelle nie.

(meer…)


Die grond waarop sy loop

voete


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 43 other followers