Vrouehaat
Die ding met ‘n vrouehater is dat hy self nie weet of erken hy is een nie. Want as daar ‘n meisie of vrou is wie se skoonheid hy bewonder, dan behandel hy haar selfs soos ‘n koningin.
Maar as daar ‘n vrou is wat nie aan sy “standaarde” voldoen nie – dalk omdat sy nie jonk, ferm of slank genoeg is nie, dis dan wat sy vrouehaat na vore kom.
Want eerstens sien hy haar omtrent nie raak nie – haar menswees is min of meer onsigbaar. Hy kan wel nou en dan haar voorkoms beledig, maar dis nie baie intens bedoel nie, sy moet volgens hom maar dit maar net ligweg aanvaar, dis mos maar hoe die lewe is.
Maar as sy dit dalk sou waag om iets te doen wat nie so onsigbaar is nie, byvoorbeeld om te gaan swem of op die strand te verskyn, ’n naakfoto te laat neem, of om sy houding uit te daag, of om die hele stelsel te kritiseer, dan is daar geen keer aan hom nie. Iets dwing hom om haar dan so te probeer beledig dat sy dit nooit weer sal waag om daardie sonde teen die man te pleeg nie. Hy wil haar dan so herhaaldelik en intens verneder, terug in haar onsigbaarheid in, dat sy dit nooit weer sal waag om selfs koel aan te trek wanneer dit warm is nie. Geen liggaamsdeel is buite perke vir die afkraak nie.
En sy moet ook nie kwaad, hartseer of enige ander gevoel oor die manier hoe sy behandel word, laat blyk nie. Nee. Hy sal vir haar bepaal hoe sy daaroor moet voel. Sy moet nie so fyngevoelig wees nie, dis nie so erg nie.
Dit is hoe vrouehaters is.
Maar wie is hulle? Afrikaners, Mighty Men? Nee, dis ‘n wereldwye probleem, en een van die ergste groep vrouehaters is die wat hulle dae daaraan spandeer om vroue op die blogs, Twitter en Facebook af te kraak.
Die skoonheid in die kafee
Sonkind se oulike inskrywing oor haar en ‘n ryk man het my my laat dink aan ‘n gesprek met ‘n kollega eenkeer:
Kollega: Nou die dag stop ek by ‘n kafee in die middel van nerens, my oe nog vol slaap, en die vrou wat daar saam met haar man werk is so beeldskoon, my mond val oop. Dis eintlik ‘n skande.
Ek: Huh?!? Hoekom?!?
Kollega: Want sy is so mooi, sy verdien eintlik om haar tyd te verdeel tussen shopping, en vakansies oorsee op Griekse eilande en so. Nie om haar af te sloof saam met ‘n armgat in ‘n kafee nie.
Ek: Wel ek is baie bly vir daardie armgat se part. Hoekom pla dit jou?
Kollega: Want sy kan mos baie beter doen as dit. Mooi vroue kry ryk mans. Ryk mans kry mooi vroue.
Ek: Dis nie my ervaring nie. Vir my lyk dit of skoonheid eweredig versprei is tussen ryk en arm.
(wat ek nie bygese het nie, is dat slankheid meer algemeen is onder ryk mense, maar ek heg mos nie enige waarde daaraan nie, soos julle weet)
American Beauty
In American Beauty is daar ‘n ou, sy naam is Ricky. Hy verfilm allerande dinge wat vir hom mooi is.

Hy is besig om uit sy slaapkamer ‘n meisie te verfilm by die buurhuis:
Hier is Angela, die icon van die film. Sy staan in die oorkantse venster en pose vir hom.
Hier is ‘n meer bekende beeld van Angela
Maar dis eintlik nie sy wat vir hom mooi is nie. Hy wens sy wil bietjie uit die pad staan.
Want hy verfilm eintlik vir Jane wat daar agter op die bed is.

Jane, die ware skoonheid
Jane en Ricky
Skoonheid is vir almal
Vandag wys ek ‘n gestremde skoonheid. Sy het Spina Bifida, en haar een been is onlangs geamputeer. Haar man neem die fotos, en hy is ‘n devotee, dws iemand wat aangetrokke is tot ‘n gestremde persoon.
Voor haar amputasie het sy so gelyk:
En deesdae lyk sy so:
Wat ‘n pragtige en vreeslose rooikop is sy nie!
Godin
1. Ek dink hierdie vrou werk nie, sy woon in ‘n kampeerterrein
2. Dit sou dwaas wees om met haar moeilikheid te soek
3. Ek bewonder haar houding
4. Sy het iets wat wat ek diep begeer
‘n Growwe beenstruktuur
Toe ek op skool was, was daar ‘n meisie wat ‘n sterk ken gehad het, en gespierde bene, en in die algemeen het sy gelyk of sy dalk die eerste rugbyspan sou kon haal, of dalk baie goed kan gewigstoot. Sy was korterig, maar verder was alles van haar groot. Sy het ook effens kwaai gelyk, miskien omdat sy omtrent niks gepraat het nie. Sy het net een vriendin gehad, so ‘n elegante rooikop wat “Think, that may be a new experience” op haar tas gekryf gehad het in koki pen.
Een keer toe ons in ‘n bus gery het, het ek opgemerk dat die meisie met die “growwe beenstruktuur” haar ken so verwese op haar vriendin se skouer sit. Sy het baie, baie weerloos gelyk. Van daardie dag af het ek haar skoonheid en sagtheid raakgesien. Sy het hoë wangbene gehad, en sagte bruin oë.
Na matriek het ek eenkeer probeer om haar op te spoor, maar kon nie.
Mooier as toe sy jonk was. Annelien
Ek het hierdie fotos op die Sarie webbladsy gesien. Is sy nou mooier as wat sy was of wat?
My persoonlike kelnerin tip reëls
In ag genome dat mooi mense aansienlik makliker deur die lewe gaan as minder mooi mense, en dat om ‘n kelnerin of kelner te wees is nie die mees betalende of lekkerste werk is nie, en in ag genome my persoonlike swakhede, gebruik ek nou hierdie reëls.
- As sy mooi en vriendelik is gee ek ‘n goeie tip want ek kan myself in elk geval nie keer nie.
- As sy mooi maar onvriendelik of hoogmoedig is gee ek net ‘n klein tip of niks.
- As sy atipies mooi is, dws die soort mooi wat die meeste mans nie as as mooi erken nie, gee ek ook ‘n goeie tip want ek kan myself in elk geval nie keer nie.
- As sy niks aantreklik is nie, en ongeag hoe vriendelik of onvriendelik sy is, gee ek ‘n bietjie groter tip as vir die mooies, want haar lewe kan nie maklik wees nie.
Wat van die gehalte van haar diens, vra jy dalk? Ek hou nie van hierdie gebruik van die woord ‘diens’ nie. Al is jy die klant, is mens nie ‘n soort koning wat plesier moet word net omdat jy in ‘n restaurant eet nie. Sy bring die kos – jy eet dit. Dis nie ‘n kwessie van diens nie.
Die laaste flirt
By my werk is daar ‘n ouer vrou wat ek bewonder. Sy is baie mooi, en hoewel sy baie volwasse is, het sy soms op so ‘n oulike dogtertjierige manier pret oor dinge. Sy is een van die soort vroue wat haar hele lewe lank gewoond was aan manlike bewondering, en wat dit gemaklik kan hanteer.
Hoewel sy vriendelik met my is, steur sy haar gewoonlik nie juis aan my nie, en ek sou ook nie anders verwag nie, want sy is getroud.
Laterig een Vrydag was niemand juis gemotiveerd vir werk nie, en die ander ouens het so een vir een begin verdwyn, tot net ek en sy in die vertrek oor is. Toe kom sit sy baie naby my en gesels. Sy was baie vriendelik, en ek het opgemerk haar hals was heelwat laer getrek as vroer. Boonop het sy ander interessante dinge gedoen, soos om nog nader vorentoe te buk, en soms haar borste so liggies te swaai.
Paniek het my beetgepak – dit kan tog nie wees dat sy met my flirt nie! Ek ken en hou van haar man! En ek was jammer vir haar, want ek het geweet dat sy onlangs met kanker gediagnoseer is, en die volgende week op siekverlof sou wees vir behandeling. Ek het die gesprek so vriendelik as moontlik kortgeknip, die sweet van my voorkop afgevee en begin “werk”. Eers toe ek later mooi daaroor dink, het ek besef sy wou vir oulaas vir haarself wys dat sy ‘dit’ nog het. (En beslis het sy dit nog gehad). Sy wou die effek wat sy op ‘n man (enige man) het, vir oulaas geniet.
Tydens haar behandeling het sy gouer weer begin werk as wat verwag was. Sy kon eitlik nog etlike weke siekverlof geneem het as sy wou. Sy het nie juis mooi gelyk nie. Haar pruik het haar baie styf laat lyk, en mens kon sien sy is siek. Maar sy was dapper want sy het eenvoudig besluit dat kanker haar nie definieer nie, en sy het haar lewe teruggeneem.
Deesdae lyk sy ouer maar sy lyk gesond, en is sonder ‘n pruik (of as sy een dra weet ek dit nie). Haar hare is eintlik baie onopvallend. Maar sy is nog steeds baie mooi.











































Onlangse Kommentaar