Vrouehaat
Die ding met ‘n vrouehater is dat hy self nie weet of erken hy is een nie. Want as daar ‘n meisie of vrou is wie se skoonheid hy bewonder, dan behandel hy haar selfs soos ‘n koningin.
Maar as daar ‘n vrou is wat nie aan sy “standaarde” voldoen nie – dalk omdat sy nie jonk, ferm of slank genoeg is nie, dis dan wat sy vrouehaat na vore kom.
Want eerstens sien hy haar omtrent nie raak nie – haar menswees is min of meer onsigbaar. Hy kan wel nou en dan haar voorkoms beledig, maar dis nie baie intens bedoel nie, sy moet volgens hom maar dit maar net ligweg aanvaar, dis mos maar hoe die lewe is.
Maar as sy dit dalk sou waag om iets te doen wat nie so onsigbaar is nie, byvoorbeeld om te gaan swem of op die strand te verskyn, ’n naakfoto te laat neem, of om sy houding uit te daag, of om die hele stelsel te kritiseer, dan is daar geen keer aan hom nie. Iets dwing hom om haar dan so te probeer beledig dat sy dit nooit weer sal waag om daardie sonde teen die man te pleeg nie. Hy wil haar dan so herhaaldelik en intens verneder, terug in haar onsigbaarheid in, dat sy dit nooit weer sal waag om selfs koel aan te trek wanneer dit warm is nie. Geen liggaamsdeel is buite perke vir die afkraak nie.
En sy moet ook nie kwaad, hartseer of enige ander gevoel oor die manier hoe sy behandel word, laat blyk nie. Nee. Hy sal vir haar bepaal hoe sy daaroor moet voel. Sy moet nie so fyngevoelig wees nie, dis nie so erg nie.
Dit is hoe vrouehaters is.
Maar wie is hulle? Afrikaners, Mighty Men? Nee, dis ‘n wereldwye probleem, en een van die ergste groep vrouehaters is die wat hulle dae daaraan spandeer om vroue op die blogs, Twitter en Facebook af te kraak.
Bruid
Ek weet nie eintlik wat ek hier probeer nie, ek moet erken. Maar ek is nie ‘n Angus Buchan aanhanger nie. Ek sit hierdie foto op, met die doel om vir Celeste Coetzee te ondersteun in wat sy met haar kuns wil sê. (Sien Rapport berig)
Mooi so, Celeste, ek dink jy is baie dapper!
PS: As jy baie ontsteld is oor war Celeste gedoen het, lees hier
Daar sit (nog steeds) ‘n dom ou aan my vas*
Ek het iewers gelees van ‘n skrywer wat van sy eie seksualiteit gesê het dis soos om te lewe met ‘n dom ou wat aan jou vas is, en wat jy oral met jou moet saamsleep en versorg. Eers toe hy oud was, kon hierdie skrywer die verligting beleef om van die dom ou ontslae te raak, en sy menslike verhoudings en skrywery te geniet sonder dat die dom ou heeltyd dinge opvoeter.
Die skrywer het natuurlik ‘n punt beet – daardie dom ou is ook aan my vas, en ek moet dinge doen om hom in bedwang te hou soos byvoorbeeld oefening. (Fietsry help glad nie, dit maak mens net nog meer jags – dit moet iets wees wat harder op die lyf en gebeentes is, soos rugby, draf,gewigte of touklim)
Maar ek beleef nie my seksualiteit regtig as ‘n las nie – ek geniet dit eerder. Dit is totaal deel van my, en ek vermoed as ek eendag 100 is, sal ek nog steeds meesal vroue verkies en hulle lieflikheid geniet bo enigiets anders.
Maar as jy na vroue kyk, moet jy darem onthou dat dit nie altyd noodwendig vir haar lekker of gemaklik is nie, en as dit gebeur dan moet jy elders kyk. Veral as jy in ‘n magsposisie teenoor haar is, byvoorbeeld as jy haar haar werkgewer is. As die vrou is maar te bly om ‘n werk te hê, voel sy dalk verplig om vir jou, haar baas te glimlag terwyl sy heimlik sukkel om haar walging vir jou in bedwang probeer hou.
Gelukkig is baie vroue nie in so ‘n magtelose situasie nie, en vir die meeste van hulle is dit maklik om met ‘n blote gesigsuitdrukking die man te ignoreer aan ‘n manlike bewonderaar te wys hoe sake staan. En gelukkig vang mans gewoonlik (hopelik) hierdie soort seine.
Brunet woudnimfie in die son
Ek is so versot op vroue – die groot ligpuntjie in my lewe. Wat sou ek gedoen het in ‘n wereld met net mans? Ek sou lankal van myself onstslae geraak het, dis wat. Sonkind en Vlam het nog laasjaar gesê ek moet bietjie brunette opsit, en ek was nou wel ‘n bietjie stadig, maar ek het darem nie vergeet nie.
Skoonheid is vir almal
Vandag wys ek ‘n gestremde skoonheid. Sy het Spina Bifida, en haar een been is onlangs geamputeer. Haar man neem die fotos, en hy is ‘n devotee, dws iemand wat aangetrokke is tot ‘n gestremde persoon.
Voor haar amputasie het sy so gelyk:
En deesdae lyk sy so:
Wat ‘n pragtige en vreeslose rooikop is sy nie!
So moet jy lyk
Hierdie afbeeldings van ‘n man en ‘n vrou is op ‘n koperplaatjie op die Pioneer 10 ruimtetuig wat die eerste ruimtetuig is wat die sonnestlesel verlaat het, en nou die diepe ruimte insweef, al hoe verder weg. Die idee van die plaatjie is dat as intelligente wesens eendag die ruimtetuig in die hande kry, hulle darem sal kan sien hoe ons lyk.
Ek wou hierdie eintlik bysit by die REELS, maar toe ek nou weer daarna kyk het ek besef daar is iets aan die vrou se manier van staan en haar hoë wangbene waarvan ek baie hou, en toe het ek nie lus gehad om dit daarby te sit nie. Maar as hulle weer so iets doen, hoop ek NASA gebruik ‘n ander lyfvorm uit ons wye verskeidenheid pragtige vroue.
Ek is seker die intelligente wesens sal baie jaloers wees as hulle ons groot verskeidenheid sien.
Die REELS
- ‘n Vrou mag nie hare of stoppels onder haar arms hê nie
- ‘n Vrou mag nie vet wees nie
- ‘n Vrou moet ferm borste hê (jy mag blykbaar nie ‘n potlood daaronder kan indruk nie)
- ‘n Vrou mag nie bree heupe hê nie
- ‘n Vrou mag nie groot boude hê nie
- ‘n Vrou moet na parfuum ruik
- ‘n Vrou moet grimering dra
- ‘n Vrou mag nie uitlokkend wees nie, sy moet ‘n dame wees
- ‘n Dame ry nie agterop ‘n motorfiets nie
Daar’s nog ‘n hele paar wat ek seker nou vergeet het, maar wat ‘n bol tjol is dit nie! Ek stem glad nie met enige van hierdie reels saam nie.
‘n Positiewe besonderse blog
Ek is baie in my noppies daarmee om Boendoe se hero te wees, maar ek wil nog beter doen.
Tweelingkind het nou die dag die interessante woorde van “‘n positiewe besonders” op my blog gebruik, en ek verstaan dat my blog nie vir alle vroue aanvaarbaar is nie.
Ek het besluit om ‘n positiewe besonderse blog skep wat almal kan help om te verstaan van vet aanvaarding en gesondheid in alle lyfvorms (GIAL), oftewel health at every size.
So ek wil enigeen wat reeds verstaan uitnooi om ook daaroor te blog – as jy wil by jou eie blog, maar op verslanking.wordpress.com is ook welkom. Dit is ‘n onderwerp wat nie so maklik verstaanbaar is as wat mens sou dink nie, en daarom verg dit ‘n volgehoue poging van skryf, stories vertel, vies raak en diplomaat wees.
Dit sal help om die samelewing te verander, sodat hulle die lewe vir die vetties minder hel maak.
So in die volgende paar weke hoop ek om heelwat feite te plaas by verslanking.wordpress.com wat wys dat dit geen nut het om oor vet aan te gaan en te kwel nie, en dat vet en maer mense ewe veel moet let op hoe hulle lewe, want albei groepe is ewe kwesbaar vir die gevare van ongesonde kos en ‘n onaktiewe lewe.
Daar sal ook geen fotos van kaal meisies op verslanking.wordpress.com wees nie, maar daar kan dalk wel fotos van welgeklede stunning pragtige vet vroue verskyn.
Verslanking
Jy eet gesond, en kry oefening maar maer word jy nie. Dis glad nie ‘n probleem wat jy het nie, maar ongelukkig omskep sommiges dit in ‘n probleem vir hul eie selfsugtige redes. Die maatskappye in die verlankingsindustrie beskou jou as hul wettige prooi. Hulle laat jou geweldig sleg voel oor jou liggaam, en meer nog, jou hele menswees. Met fyn sielkunde laat hul advertensies jou voel dis jou plig om geld aan produkte spandeer sodat jy die ‘arme” samelewing kan beskerm daarteen om jou vet te sien.
Dit is mos baie onredelik of hoe? Veral as jy agterkom dat hierdie verslankingsprodukte nie werk nie, en boonop baie sleg is vir jou. Dis onredelik genoeg om oor kwaad te word! En dis hoekom die vetaanvaardingsbewings opstaan en sê “Ons gaan nie al hierdie nonsens opvreet nie – ons gaan nie daardie pille koop, of daardie advertensies se beledigings sluk nie. En ons gaan al ons regte opneem. Ons aanvaar nie diskriminasie nie – nie by die werk nie, en ook nie op die strand, of in die gym, swembad of vliegtuig nie”
Hierdie inskrywing is veral geinspreer deur Carrie.
| Jy kan nog van vet-aanvaarding lees. Hierso (jy weet jy wil) |
Vet aanvaarding
Die idee is om mense se koppe te swaai sodat hulle aan jou dieselfde dinge gun as maer mense. Staan op jou regte.
(Hierdie meisie laat my kop draai ook!)
Simpel mans
Sy het die vergadering gelei want sy is die projekbestuurder. Sy was sjarmant en professioneel.
Al die ander in die vergadering was mans. Die een so verwaand en selfbehep soos die ander. En met irriterende aanwendsels ook nog. Na die tyd het hulle sarkastiese aanmerkings oor haar gemaak. Behalwe ek het niemand opgelet hoe aantreklik sy is nie, want sy pas nie in by die poppie-idee wat mans vir mekaar wysmaak oor hoe ‘n vrou moet lyk nie. Want sy is so ongeveer 40, met bree heupe en ‘n eksentrieke voorkoms. Sy lyk en is eintlik ‘n bietjie soos Ms Frizzle:

Wat kan nou meer pret wees as om saam met Ms Frizzle te werk?













Onlangse Kommentaar