Kaal meisies, mooi natuurlike vroue. Die mooiste fotos ooit. Die beste mans ooit

Die laaste flirt

By my werk is daar ‘n ouer vrou wat ek bewonder.  Sy is baie mooi, en hoewel sy baie volwasse is,  het sy soms op so ‘n oulike dogtertjierige manier pret oor dinge.  Sy is een van die soort vroue wat haar hele lewe lank gewoond was aan manlike bewondering, en wat dit gemaklik kan hanteer.

Hoewel sy vriendelik met my is, steur sy haar gewoonlik nie juis aan my nie, en ek sou ook nie anders verwag nie, want sy is getroud.

Laterig een Vrydag was niemand juis gemotiveerd vir werk nie, en die ander ouens het so een vir een begin verdwyn, tot net ek en sy in die vertrek oor is.  Toe kom sit sy baie naby my en gesels.  Sy was baie vriendelik, en ek het opgemerk haar hals was heelwat laer getrek as vroer.  Boonop het sy ander interessante dinge gedoen, soos om nog nader vorentoe te buk, en soms haar borste so liggies te swaai.

Paniek het my beetgepak – dit kan tog nie wees dat sy met my flirt nie!  Ek ken en hou van haar man!   En ek was jammer vir haar, want ek het geweet dat sy onlangs met kanker gediagnoseer is, en die volgende week op siekverlof sou wees vir behandeling.  Ek het die gesprek so vriendelik as moontlik kortgeknip, die sweet van my voorkop afgevee en begin “werk”.  Eers toe ek later mooi daaroor dink, het ek besef sy wou vir oulaas vir haarself wys dat sy ‘dit’ nog het.  (En beslis het sy dit nog gehad).  Sy wou die effek wat sy op ‘n man (enige man) het, vir oulaas geniet.

Tydens haar behandeling het sy gouer weer begin werk as wat verwag was.  Sy kon eitlik nog etlike weke siekverlof geneem het as sy wou.  Sy het nie juis mooi gelyk nie.  Haar pruik het haar baie styf laat lyk, en mens kon sien sy is siek.    Maar sy was dapper want sy het eenvoudig besluit dat kanker haar nie definieer nie, en sy het haar lewe teruggeneem.

Deesdae lyk sy ouer maar sy lyk gesond, en is sonder ‘n pruik (of as sy een dra weet ek dit nie).  Haar hare is eintlik baie onopvallend.   Maar sy is nog steeds baie mooi.

4 responses

  1. Sexy en mooi het niks te doen met die uiterlike nie. Capice? 😉

    2009/01/13 om 15:13

  2. 2009/01/13 om 15:56

  3. Ek hou van jou posts, sommer baie. Hoekom het ek jou nie lankal ontdek nie🙂

    2009/01/17 om 18:58

  4. Dankie! Ek het maar onlangs begin, en eintlik laai ek meer sketse en fotos op as om te skryf.

    2009/01/17 om 21:50

Lewer kommentaar op hierdie inskrywing

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s