Kaal meisies, mooi natuurlike vroue. Die mooiste fotos ooit. Die beste mans ooit

Kan vroulike naaktheid ‘n man tot geweld teen vroue dryf?

Ek verbaas my oor die debat rondom Minki,  Christina Storm en ander se naakfotos in Marie Claire.  Daardie fotos laat my glad nie geweldadig voel nie.  Ek kyk net daarna en dink hoe sweet en onskuldig hulle en hulle mans lyk.  Veral Christina Storm, en Natalie Hinds se fotos is baie sweet.  En ek vind die fotos ook nie eintlik  prikkelend nie – hulle mans se teenwoordigheid in die fotos verdryf enige moontlikheid van drome droom.   Daar is  wel ander fotos wat my rasend van begeerte maak, maar die Marie Claire fotos is nie daardie soort fotos nie.  Ek hoop al die mense wat so rasend na “minki visser kaal” op my blog soek, sien dit ook so.

Die fotos laat my eintlik net rustig en gelukkig voel.   Amper soos Rembrandt se Danaë hieronder, is dit nie uitlokkend nie – dis ‘n intieme kykie na iemand anders se liefdesgeluk.   Tog is die Danaë geweldadig met ‘n mes en suur aangeval.   ‘n Hof het die aanvaller later versteurd bevind, en die skildery self is met groot moeite en koste gerestoureer.  So miskien kan die sien van iemand anders se liefdesgeluk soms ‘n jaloerse versteurde na ‘n mes laat gryp.  Maar dis die jaloesie, nie die naaktheid nie.

rembrandt_danae

4 responses

  1. Ek dink as ‘n naakfoto jou so versteur dat jy jouself nie kan beteuel nie, dan moet jy pilletjies by die dokter gaan kry, want dan is daar iets met jou verkeerd.
    Want jinne, ‘n mens het mens meer selfbeheersing as ‘n dier op hitte? Of sit ons nog iewers in ‘n oer-epog vas met betrekking tot ons ontwikkeling.
    En oor die foto’s in die tydskrif, ag tog ek wens die mense wil ‘n lewe kry wat so kla, mens sien meer op die strand as in die betrokke tydskrif. Die mense wat so kla is gewoonlik die grootste ou pervs.

    2009/01/20 om 16:57

    • Ek wens ek kon met jou saampraat oor selfbeheersing, want in daardie opsig is ek ‘n mislukking. Ek dink nie geweld teen vroue gaan oor drang en begeerte nie, maar oor woede of jaloesie of versteurdheid. Of miskien oor die manier wat mans (hul Pa’s) in hulle kultuur of gesin teen vroue optree.
      So dit is hoekom die Marie Claire fotos so goed is – dit wys hoe wonderlik is ‘n vrou wat gelukkig en vol selfvertroue is – in die heelal is daar is niks mooier om te sien nie, en niks beter om te begeer as dit nie.

      2009/01/21 om 10:23

  2. Ek is self taamlik skepties oor mense se uitsprake dat die foto’s geweld teenoor vroue aanhits. Dis nie asof dit BSDM uitbeeld nie, of hoe?

    2009/01/21 om 10:45

  3. Geweld jeens vroue gaan oor mag, nie oor ‘versteurdheid’ nie. Mense wat “versteurd” is, of dan ontoerekeningsvatbaar doen in die meerderheid van gevalle hulself skade aan.

    Maar ek sien nie die verband tussen naakfotos (hoe mooi dit ookal is) en ‘n aksie teen geweld teen vroue nie. -behalwe dat dit goeie PR is want almal vir die kaalfoto’s sien. maar hoe presies dit bydra tot die geveg teen geweld gaan my verstand te bowe

    2009/01/26 om 15:06

Lewer kommentaar op hierdie inskrywing

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s