Kaal meisies, mooi natuurlike vroue. Die mooiste fotos ooit. Die beste mans ooit

Vrou by kunsuitstalling

Eenkeer was ek by ‘n kunsuitstalling, en daar was ‘n vrou van so in haar vyftigs wat ook uitgestal het.  Toe ek na haar interessante skilderye kyk, sien ek almal het min of meer dieselfde tema – ‘n vrou wie se borste so ‘n bietjie wys -vir watter rede ookal.  Die een buk  byvoorbeeld om ‘n ou man se kierie vir hom op te tel.  En toe ek verder kyk, besef ek daar is in elke skildery ‘n man of seun wat belangstellend toekyk.  Ek kliek to dat die mans haar eintlike tema is, en op daardie oomblik word ek bewus dat die uitstaller na my kyk.  Ek kyk toe in haar rigting en sien sy kyk my met sulke vonkelogies aan!

Ek voel hoe die bloed na my gesig toe opstoot en beweeg dadelik aan na ‘n ander uitstaller.  Vanaf ‘n veilige afstand buite haar gesigsveld sien ek hoe ‘n ander man voor die vrou se skilderye gaan staan.   Binne ‘n kort tydjie maak hy selfs nog vinniger spore as ek.

***

Iemand anders het ‘n naakskildery in ‘n uitstalvenster geplaas, en toe mense se reaksies afgeneem.  Hier is ‘n paar van daardie fotos:

die-skildery1

die-skildery2

die-skildery4

die-skildery5

die-skildery6

die-skildery7

2 responses

  1. Jan-Jan Moerdijk

    Haai Eelt
    Nee man, vertel die storie oor die vrou by die kunsuitstalling verder. Waarom het jy en die ander man die hasepad gekies?

    2012/04/16 om 11:45

    • Dis maar van skaamheid. Baie konserwatief en preuts grootgeword – Daai dinge

      2012/04/16 om 12:28

Lewer kommentaar op hierdie inskrywing

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s