Kaal meisies, mooi natuurlike vroue. Die mooiste fotos ooit. Die beste mans ooit

Die onmoontlike gebod

Een keer was ek in ‘n swembad by ‘n oord, en daar was van daardie pype waar mens so in ‘n spiraal saam met die water afgly. Ek het in die swembad gestaan, en toe sien ek ‘n vrou van so rondom 40 wat met haar twee jong kinders speel. Sy het saam met hulle by die pyp afgegly, en was heeltemal deel van hulle spel en baie liefdevol met haar kinders. Vir ‘n rukkie het ek net geniet om hulle te sien speel, al het ek gesien sy is baie mooi.

Sy het ‘n eenstuk aangehad, en ‘n groot kortbroek bo-oor want sy het seker gedink haar heupe is te breed en haar boude te groot. Na  hulle een keer by die pyp af is, het ek opgemerk dat haar kortbroek en eenstuk  se een kant heel opgedruk was sodat haar een boud heeltemal uitsteek.  En toe wil haar kinders met ‘n tube speel wat naby my dryf.  Sy was besig om die jongste in die tube te sit, en het van die kant van die swembad laag vooroor gebuk, seker so drie meter van my af.  Ek kon nie wegkyk toe ek sien hoe haar groot borste vorente hang in haar eenstuk nie, en net toe kyk sy my in die oë en gee die mooiste glimlag!  Sy het net gedink ek deel maar net haar genot in haar kinders.

Ek was in ‘n anderster situasie. Ek was skaam omdat ek haar so aangegaap het, en het toe maar uitgeklim en geloop. Maar ek was verlief. Meer verlief as wat ek ooit in my skooldae was.  Ek  kon haar nie uit my gedagtes weer nie – nie net vir ‘n dag of twee nie, maar vir maande, en selfs nou nog dink ek aan haar.  Dat daar nie ‘n manier is om uit te vind wie sy is nie, is seker maar ten goede vir my.

As daar ‘n gebod was – “Jy mag nie by jou naaste se vrou toenadering soek nie” -dan sou ek ‘n goeie kans gestaan het.  Maar “Jy mag nie  jou naaste se vrou begeer nie” – ek weet nie hoe dit kan nie.

4 responses

  1. Nou ja, ek is nie in tel nie, maar ek vergewe jou die oortreding van daai gebod. 😉

    Jy’s goed vir ons selfbeeld.

    2009/02/06 om 09:02

  2. Boendoe ek is so bly jy sien dit so!

    2009/02/06 om 20:54

  3. cees

    zit er prachtig uit .mmmm

    2014/03/15 om 14:22

Lewer kommentaar op hierdie inskrywing

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s