Kaal meisies, mooi natuurlike vroue. Die mooiste fotos ooit. Die beste mans ooit

My lieflike baas

My projekbestuurder is ‘n baie eksentrieke vrou.  Mens kan dit sien aan hoe sy loop, haar hare, hoe sy aantrek, en alles wat sy doen, dat sy alles vir haarself besluit, en haar nie juis steur aan konvensie of mode nie.   Sy is nogtans baie professioneel, hardwerkend en georganiseerd (meer georganiseerd as wat ek ooit kan hoop om te wees).   Maar sy is vol pret – sy hou selfs van sekssistiese grappies (nes ek).

Ek het al voorheen van haar geskryf dat sy bietjie soos Ms Frizzle is

Dis vir my baie lekker om vir haar te werk, en sy kan my ongelooflik motiveer (gewoonlik is ek nie te erg oor werk nie).  Party oggende is ek sommer lus en bring vir haar ‘n blinkgevryfde rooi appel.

Maar natuurlik is die lewe nie net so lekker en maklik nie.  Daar is ander ouens in ons span ook, en hulle sien die saak anders.  Hulle noem haar (agter haar rug, natuurlik) ‘n “silly cow”, of ‘n “fat cow”.  Sy is nie vet nie ( sy het wel bree heupe maar vir my tel baie dit in haar guns), en buitendien is dit nie ter sake wat haar gewig is nie, want ons is nie perderesiesjoggies nie.  En hulle vind haar vriendelikheid blykbaar irriterend.

Ek kan regtig nie verstaan wat maak dat mans so simpel word nie, veral as mens sien hoe vriendelik en tegemoetkomend sy altyd met hulle is nie.

Nou is dit so dat sy hulle baas is, en haar geluk nie van hulle opinies afhang nie.  En dat ek die nuutste werknemer van ons klomp is, en nie myself wil benadeel deur vyande te maak nie.   Maar ek kan myself nie altyd keer om haar te verdedig nie.   Ek sê byvoorbeeld dinge soos “Sy is maar net vriendelik”. Of  “She’s not a silly cow, her job isn’t to know every detail about what you do, but to take an overall view of the project”

So maak ek vyande by my werk.

Lewer kommentaar op hierdie inskrywing

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s