Kaal meisies, mooi natuurlike vroue. Die mooiste fotos ooit. Die beste mans ooit

My Oom se vrou

Ek hou van my Oom, hy is ‘n interessante ou wat al baie avonture beleef het. Meanwhile back at the ranch, soos hulle sê, moes sy vrou meestal die kastaings uit die vuur krap, die pot aan die kook hou en die kinders groot maak. Sy het 5 kinders grootgemaak, en het nou behalwe haar eie 9-5 werk, ook ‘n ekstra werk – net om kop bo water te hou. Alles wat in die huis of aan die kar breek, is ook haar worries. Die gevolg is dat sy teen die tyd taamlik afgemat lyk. Sy is ook baie oorgewig – soveel so dat sy rugprobleme het, en moeilik beweeg. My oom is nie baie vriendelik met haar nie, selfs voor ander mense kam hy haar soms af, maar met alle ander mense is hy vriendelik en joviaal.

Nou die dag het ek by hulle gaan eet, maar toevallig die dag voor die tyd ‘n ou foto van haar en my Oom as ‘n jong paartjie gesien.

Sy was baie mooi gewees.

Terwyl ons eet, maak ek ‘n opmerking oor hoe lekker die kos is (dit was regtig besonders).   My Oom het dit nie eers raakgesien nie, maar sy het my kompliment  met ‘n sjarmante laggie en ‘n grappie erken.  Op daardie oomblik het ek gesien daardie mooi vrou is nog steeds daar. Ek wens my Oom kon dit ook raaksien.

One response

  1. Willem

    Ja, jou oom waardeer nie wat hy het nie. Hy het ‘n goeie vrou, wat haar lewe aan hom gewy het, en hy het die audacity om haar af te kraak.

    2014/01/21 om 10:42

Lewer kommentaar op hierdie inskrywing

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s