Kaal meisies, mooi natuurlike vroue. Die mooiste fotos ooit. Die beste mans ooit

‘n Growwe beenstruktuur

Toe ek op skool was, was daar ‘n meisie wat ‘n sterk ken gehad het, en gespierde bene, en in die algemeen het sy gelyk of sy dalk die eerste rugbyspan sou kon haal, of dalk baie goed kan gewigstoot.  Sy was korterig, maar verder was alles van haar groot.  Sy het ook effens kwaai gelyk, miskien omdat sy omtrent niks gepraat het nie.   Sy het net een vriendin gehad, so ‘n elegante rooikop wat “Think, that may be a new experience” op haar tas gekryf gehad het in koki pen.

Een keer toe ons in ‘n bus gery het, het ek opgemerk dat die meisie met die “growwe beenstruktuur” haar ken so verwese op haar vriendin se skouer sit.  Sy het baie, baie weerloos gelyk.   Van daardie dag af het ek haar skoonheid en sagtheid raakgesien.  Sy het hoë wangbene gehad, en sagte bruin oë.

Na matriek het ek eenkeer probeer om haar op te spoor, maar kon nie.

2 responses

  1. Die weerloosheid van medemense wat mens nou en dan gelukkig/ongelukkig genoeg is om sien bly my altyd vir dae by. Dit “vang” my omtrent die meeste van alle menslike emosies, want jy weet jy sien iets wat mense nie eintlik graag wys nie.

    Nice post.

    Like

    2009/04/19 om 17:49

  2. Francois

    Dis so jammer dat daar so baie mense is wat daagliks maskers dra om die ware stand van sake nie bloot te lê aan die wêreld nie. Ons bou bree mure met deure wat dik grendels op het om ons weerloosheid te beskerm en vorm sodoende ons eie tronk.

    Ontbloot ons iets van ons self in, wat beskou kan word as, n oomblik van swakheid, dan word dit so gretig deur mense wat self ook met seer, hartseer en verwerping sit, op getrap word.

    Hoor my maar net end uit aan:

    As ons maar net kan leer om ons self oor te gee aan die een wat ons geformeer het. Baie kommentaar sal seker nou geopper word soos volg: ja wat wil jy nog sê, ek ken dit en het dit al probeer, dit werk nie. Maar praat ons van die selfde aspek….ek praat nie net van n eens op n tyd, toe ek my hart vir die Here gegee het nie. Ek praat nie van betrokkenheid in die “kerk” met n Sondag vir Sondag bywoning en selfs dalk nog n Woensdag aand selgroep nie. Ek praat van tyd uit te koop om Hom persoonlik te leer ken, elke dag. Nie die vinnige tyd gou oppad werk toe of wanneer dinge taai gaan of gou die aand voor ek slaap nie. Ek praat van n afspraak vroeg in die oggende, net jy en die Here, waar jy jou weerloosheid bloot kan lê en toelaat dat Hy jou “voete was” vir jou wys wie Hy regtig is en wat Hy vir jou lewe beplan het. Ek het, en ek weet dit werk.

    Godsdiens het vir my ook nie gewerk nie, want mense is feilbaar. Maar n persoonlike verhouding met die Here deur Jesus, verwyder die wasigheid van my omstandighede en bring duidelikheid aan hoekom ek in sekere omstandighede is en hoe ek dit moet hanteer. Geen kerk bywoning kan my vir elke dag se unieke omstandighede voorberei soos n verhouding met God die Vader nie.

    Soek tot jy vind nie net tot jy moeg is nie.

    Like

    2017/10/24 om 12:29

Lewer kommentaar op hierdie inskrywing

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s