Kaal meisies, mooi natuurlike vroue. Die mooiste fotos ooit. Die beste mans ooit

Die kelnerin

Alweer alleen in ‘n vreemde stad.

Gaaf, dink ek toe ek sien hoe die kelnerin is.  Hoewel sy mooi is, is sy glad nie flirterig nie.    Sy het eerder ‘n flink houding, en haar bewegings is so vinnig dat haar eenvoudige ponytail woes rondswaai.  Dit pas my want ek sien nie meer kans om so baie tips te betaal nie.

Sy is seker ‘n ryk sakeman of professor se dogter, en spaar miskien om haar huidige kar te vervang met ‘n nuwe  een wat nog ratser op die kampus kan rondwoerts as die een wat haar Pa vir haar gegee het.   Geen probleem daarmee nie, maar my geld is min.   Sy moet die kos bring, ek moet dit eet, dink ek terwyl ek my boek oopmaak om vir die kos te wag.

Ek benader die betaalslag met selfvertroue.   Vanaand betaal ek nie ‘n tip nie.  Haar oë twinkle vriendelik – opreg, dink ek.

Kerching!

Hoe kan ek hierdie mense afweer?

5 responses

  1. annderster

    hahaha! ek is presies so ‘n girl. (hopelik darem ook mooi…) ek hoop ek vang jou oog en kry teen jou beterwete in ‘n tip uit jou as ons paadjies dalk onwetend in ‘n restaurant kruis.

    2009/07/11 om 00:19

  2. Dalk was dit nog jy! Pla jou gewete jou nie eers ‘n bietjie nie?

    2009/07/11 om 12:49

  3. annderster

    ek waitress genadiglik NIE. en neeee wat, julle geniet ons soveel, julle voel eintlik goed as julle ons tip😉 dis ‘n exchange.

    hmmm wonder hoe dit by my christelike sedes pas. maar ek dink tog ‘n mooi meisie se bree glimlag is ‘n geskenk en dat sy dit moet uitdeel waar ook al sy gaan en dis ok as sy nou en dan iets terugkry!

    2009/07/21 om 23:45

  4. Nou wat is nou die verskil tussen dit en die wereld se oudste beroep, wonder ek net?

    2009/07/23 om 22:06

  5. annderster

    hmmm ek weet nie, wat sou jy se is die verskil?

    2009/07/28 om 00:27

Lewer kommentaar op hierdie inskrywing

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s