Kaal meisies, mooi natuurlike vroue. Die mooiste fotos ooit. Die beste mans ooit

Hoekom wil meisies maer wees?

Dis die soekwoorde wat iemand gebruik het om my blog te kry.      Jammer ou, ek weet ook nie.  Maar as jy dalk voor my uitvind, wees asseblief so gaaf en los ‘n kommentaar hier, want ek wil ook graag weet.

6 responses

  1. As jou Body Mass Index oor 25 is, is jy oorgewig. Tussen 25 en 30 is dit nog soort van okay. Maar oor 30 is jy obsese. Kyk mense kan doen en hou van wat hul wil, daarmee het ek nie ‘n probleem nie.

    My eie BMI is 22. En die rede is eenvoudig: ek wil nie doodgaan aan my bloeddruk wat die hoofoorsaak van beroertes is nie. Vetsug is die hoofrede vir bloeddruk, hartkwale, diabetes talle ander probleme. Bene wat ingee ect.

    2009/05/11 om 15:22

  2. Wel baie geluk, Mej MY-BMI-IS-22-WANT-EK-IS-SLIM-GENOEG-OM-TE-WEET-WAT-IS-GOED-VIR-MY dat jy soveel slimmer as al daai dom vrouens is wat gewig aansit spesiaal net om sexy te wees vir ou Eelt.

    ugh, Rosalind. Sarkasme is nie my ding nie, en ek like jou te baie om dit vol te hou. Ek het regtig gedink jy sal verstaan van vet aanvaarding. Dit behels regtig nie om die wetenskap van bloeddruk ensovoorts te ontken nie. Dit gaan daaroor dat vet ‘n komplekse kwessie is wat in kindertyd (babatyd, selfs) al ontstaan, en die laaste ding wat vet vroue nodig het is dat almal die arrogante manlike dokters napraat wat reken dat mens die gesondheidsprobleme rondom vet kan beveg deur vet vroue te verneder en stereotipeer met kru woorde soos obese.

    Hoekom doen jy nie net ‘n vinnige kontrole om seker te maak dit wat jy glo is werlik so reg as wat jy dink nie? Spandeer net 3 minute en kyk hierdie video:

    2009/05/11 om 19:33

  3. liewe Eelt

    ek is nie ‘n mejuffrou nie🙂

    ek laaik jou ook en ek is regtig nie sarkasies nie, ek is net regtig, regtig bang vir mense wat te oorgewig is oor bepaalde gesondheidsredes.

    daar is ‘n gesonde “tube” om my middel. brandmaer is nie reg nie, want dit is die grootste oorsaak van osteoporose. Obesiteit is maar net die tegniese woord, jammer dit is hoe ek praat, as dit aanstoot gegee het vra ek verskoning, eerlikwaar.

    En ja ek verstaan wel, die komplekse soos jy dit noem het ‘n legio redes hoekom dit onstaan.

    Ek het die video gekyk: Nooit in my lewe dink ek dat vet mense dan mindere mense is nie, hoegenaamd nie, of anders sou wees as enige ander mens nie. My enigste punt en kommentaar was: as ‘n mens te vet is, is daar ‘n legio mediese probleme wat jou gaan volg.

    Dis al, maar per se het geen probleem met vet mense nie.

    2009/05/12 om 15:27

  4. Liewe Me Franklin

    Ek is bly jy klink toegeeflik. As jy kan vorder na tot die punt waar jy ‘n HAES aktivis word, sal my werk gedoen wees en ek in vrede my pen kan neerle want jy is so ‘n goeie skrywer en nog met wetenskaplike clout daarby!
    So gaan lees bietjie die HAES artikel, en dink daaroor na of dit nie dalk iets is waarvoor jy jou eerder kan beywer nie:

    http://www.guardian.co.uk/commentisfree/2009/may/09/obesity-weight-health

    2009/05/12 om 20:10

  5. Ek hoor wat jy se, en kommunikeer graag met jou. Ekself is egter nie aktivisties van aard nie, maar gun ander mense dit.

    2009/05/18 om 22:22

  6. jul moet net jul self aanvaar nes jul is…………

    2010/04/12 om 13:26

Lewer kommentaar op hierdie inskrywing

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s