Kaal meisies, mooi natuurlike vroue. Die mooiste fotos ooit. Die beste mans ooit

Godin

1. Ek dink hierdie vrou werk nie, sy woon in ‘n kampeerterrein

2. Dit sou dwaas wees om met haar moeilikheid te soek

3. Ek bewonder haar houding

4. Sy het iets wat wat ek diep begeer

godin

17 responses

  1. Sy’s nie ‘n lady nie.

    Vergewe my as ek namens ‘n man (mans) praat, maar ‘n vrou moet op die oog af soos ‘n dame lyk. (Die binnekamer is ‘n ander saak.) ๐Ÿ˜‰

    Wat het sy wat jy begeer?

    Like

    2009/05/10 om 00:12

  2. Hi Boendoe dankie vir die inloer want ek het al erg afgeskeep begin voel!

    Ek hou eerstens van hierdie vrou, want sy lyk baie sorgeloos en ontspanne.

    Ek het vreeslik middelklas grootgeword, en middelklas mense se groot vrees is dat mense sleg van hulle sal dink. So ek hou ook van haar omdat sy lyk of sy haar lewe totaal op haar eie terme leef. Sy gee nie om wat ander mense van en haar mense dink nie. Net haar eie mense se opinie is van belang. As iemand nie van hoe sy en haar mense is hou nie, vok hulle. Maar as iemand wel van haar of haar mense hou sal sy baie lojaal wees. Dis hoe ek dink die “cheap soort” vrou is, maar miskien is ek verkeerd.

    Verder hou ek baie van haar lyf, om dit sagkens te stel. Sy is ‘n ware godin, en alles is perfek.

    En sy het eintlik ‘n sagte uitdrukking in haar oรซ – so asof sy vir die fotograaf sรช – “ek weet jy kyk, maar ek gun jou om dit te geniet”.

    Kan jy sรช wat ‘n lady of ‘n dame is, en hoekom ‘n vrou op die oog af een moet wees?

    Like

    2009/05/10 om 11:15

  3. Brrrrrrrr….neeeeeee, Eelt! Kyk, vrouens skakel my nie aan nie, ๐Ÿ˜† en ek’s glad nie ‘ladieda’ nie, ook maar middelklas, maar HEL! sy lyk vir my kommin!
    Kan ek dit maar hier uitspoeg? (Weereens, die konserwatiewe, vroulike weergawe, dalk verskil die meerderheid mans van my!)

    ‘n Lady loop nie met sulke hangpramme in die openbaar rond nie. Ek meen, sal JY REGTIG EGTIG happy wees as SY die vrou in jou lewe is en sy loop so rond??

    Miskien lieg al die mans vir my, maar dis wat ek gehoor het: mans hou van ‘n vrou wat ‘normaal’ voorkom. Netjies aangetrek, versorg, ens. ens. Maar, wanneer die deur agter julle toegaan, kan (moet) sy willer as wild wees.

    Anyway, jy praat van die ‘sagte’ uitdrukking in haar oe. Vir my lyk dit eerder bietjie dof. ๐Ÿ™„

    Ek dink ek moet gaan soek na ‘n prentjie van die ideale vrou – volgens my, natuurlik! :mrgreen:

    Like

    2009/05/10 om 17:31

  4. Ek het dit! Queen Latifah – SY is nou ‘n sexy, groot vrou. Nie te glam nie, gemaklik in haar eie vel, baie mooi!

    Like

    2009/05/10 om 17:39

  5. Ek sal regtig egtig BAIE happy wees as sy so rondloop, behalwe vir een probleem en dis dat ander manne dalk idees sou kry. En dis ook die rede hoekom mans verkies dat die vroue in hul lewe โ€˜normaalโ€™ moet lyk – eerder dit as dat die ander manne moet idees kry.
    So in die praktyk sal dit dalk nie werk as sy so loop nie, maar in fantasie werk dit net mooi reg!
    My blog is nie die regte lewe nie, dit is meesal fantasie (behalwe die goed oor vetaanvaarding het hopelik praktiese waarde).

    Anyway, ek het lekker gelag vir jou woordkeuse van hangpramme. Sรช my tog asseblief of dit meer OK sal wees vir iemand wat soos Minki Visser gebou is om so te loop, en indien wel, hoekom?

    Like

    2009/05/10 om 19:06

  6. Nee, hel, dit sal nie ok wees as Minki so rondloop nie! Hoe moet ons gewone vrouens dan nou voel in die teenwoordigheid van so godin?? ๐Ÿ˜† Nee, ernstig nou, dieselfde ding geld. Dis nie ladylike nie.

    Like

    2009/05/10 om 19:22

  7. Terug pieng: Baie kriewelrig « Bashing innie Boendoes

  8. Jissie Boendoe ek kan nie glo jy’t hiernatoe geping nie! Ek kan nie waarborg dat hierdie blog geskik is vir almal wat jou blog lees nie.
    As iemand van Boendoe se blog af hier beland en dink dis vreeslik – hier is darem een ding waarop ek trots is: https://eelt.wordpress.com/vet-aanvaarding/

    Boendoe ek verstaan jou nog steeds nie. As Minki so sou rondloop haal sy wel die status van godin, maar sy is net nie ‘n ladylike godin nie? Terwyl my godin veel erger kritiek kry. Sy is nou te ‘kommin’, ‘dof’ en het te ‘hangpramme’ om ‘n godin genoem te word.

    Gedorie. Hoekom is vroue so hard op mekaar?

    Like

    2009/05/11 om 00:05

  9. Hiehie…ag nee, Eelt, dis darem nie ‘n pornsite hierdie nie! Buitendien, ek wil graag hoor of die meeste mans jou siening deel. En die meeste vrouens, myne. ๐Ÿ˜†

    Mens kan darem nie appels en pere vergelyk nie. Minki is wragtig pragtig. Jou godin het seker erens, baie diep, mooi kwaliteite. Hulle gaan net nie so opsigtelik wees soos Minki s’n nie. ๐Ÿ˜‰

    Like

    2009/05/11 om 08:14

  10. tweelingkind

    Uh-Uh,sy kan maar iemand se godin wees, maar ek weet darem nie of sy my idee van n godin is nie.
    Ek verstaan die ding van ‘au naturรชl’ wees, en op haar eie terme lewe en dit maak haar seker besonders, maar of dit n positiewe besonders is is debatable! ๐Ÿ˜†

    Like

    2009/05/11 om 08:39

  11. Ag, ou Eelt, dalk moes ek nie hierheen gelink het nie? Ek het gedink dit sal interessant wees om ander se opinie te hoor. For what its worth, jy is my hero. Al stry ek nou met jou oor hierdie godin, jy laat my goed voel in my ‘gewone’-vrou vel. ๐Ÿ˜‰

    Like

    2009/05/12 om 00:25

  12. Nee wat Boends, dis darem nie ‘n probleem vir my nie. Net RF se comment was nie so lekker nie. En die mense hรจt gekyk hoor! al het hulle (behalwe tweelingkind en RF) nie van hulle laat hoor nie.
    Ek dink in elk geval jy is allesbehalwe gewoon, en dis baie lekker om met jou die soort gesprekke te hรช wat ek nie eers gedink het moontlik is nie.

    Like

    2009/05/12 om 07:37

  13. Ag liewe Eelt, ek is regtig jammer as ek jou seergemaak het, dit was nie so bedoel nie. Ek is werklik en uitsluitlik besorg oor: mediese redes en gesondheidsprobleme, dit is nie persoonlik teen vet mense nie.
    Ek belowe jou dit is uit ervaring, die gevaar van hartsiektes en beroertes is ‘n realiteit.

    Like

    2009/05/12 om 15:32

  14. Jy’t my nie seergemaak nie, jou comment op Boendoe se blog was net nie baie lekker nie want vet mense is maar te pynlik bewus van al die gesondheidskwessies wat jy noem, en ek dink dit sou lekkerder wees as dat daar iewers ‘n plek was waar vet vroue kan lees van hoe sexy hulle kan wees sonder dat dit bederf word deur gesondheidswaarskuwings uitgereik deur Me MY-BMI-IS-22.

    Like

    2009/05/12 om 19:51

  15. “lees van hoe sexy hulle kan wees sonder dat dit bederf word deur gesondheidswaarskuwings uitgereik deur Me MY-BMI-IS-22.”

    ek hoor wat jy se, maar om my nou te kap as me-my-BMI-is-22 (twee keer) wys ook vir my dat jy dalk gegrief voel dat my BMI nie 44 is nie? dit kan mos nie.

    ek het dit bloot genoem en sien asb die res van die sin: omdat dit NB vir my is vir my gesondheid, nie om te spog nie. allermins.

    Like

    2009/05/18 om 22:28

  16. Nee liewe aarde! Hoe kan ek gegrief wees oor jou BMI nie 44 is nie? Mooi is nie in vet of in maer nie, en daar is mooies in elke vorm. Vet aanvaarding gaan nie oor vet word nie, en dit is in elk geval bitter moeilik om vet te word en feitlik onmoontlik om vet te bly as dit nie in jou gene bepaal is nie.

    Mense, insluitende jy, is nie slank ter wille van hul gesondheid nie, maar omdat hulle so gekom het – nie omdat hulle so gekies het soos jy wil suggereer nie.

    Like

    2009/05/18 om 22:56

  17. Terug pieng: Baie kriewelrig « Boendoe se blog argief

Lewer kommentaar op hierdie inskrywing

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.