Kaal meisies, mooi natuurlike vroue. Die mooiste fotos ooit. Die beste mans ooit

‘n Positiewe besonderse blog

Ek is baie in my noppies daarmee om Boendoe se hero te wees, maar ek wil nog beter doen.

Tweelingkind het nou die dag die interessante woorde van “‘n positiewe besonders” op my blog gebruik, en ek verstaan dat my blog nie vir alle vroue aanvaarbaar is nie.

Ek het besluit om  ‘n positiewe besonderse blog skep wat almal kan help om te verstaan van vet aanvaarding en gesondheid in alle lyfvorms (GIAL), oftewel health at every size.

So ek wil enigeen wat reeds verstaan uitnooi om ook daaroor te blog – as jy wil by jou eie blog, maar op verslanking.wordpress.com is ook welkom.   Dit is ‘n onderwerp wat nie so maklik verstaanbaar is as wat mens sou dink nie, en daarom verg dit ‘n volgehoue poging van skryf, stories vertel, vies raak en diplomaat wees.

Dit sal help om die samelewing te verander, sodat hulle die lewe vir die vetties minder hel maak.

So in die volgende paar weke hoop ek om heelwat feite te plaas by verslanking.wordpress.com wat wys dat dit geen nut het om oor vet aan te gaan en te kwel  nie, en dat vet en maer mense ewe veel moet let op hoe hulle lewe, want albei groepe is ewe kwesbaar vir die gevare van ongesonde kos en ‘n onaktiewe lewe.

Daar sal ook geen fotos van kaal meisies op verslanking.wordpress.com wees nie, maar daar kan dalk wel fotos van welgeklede stunning pragtige vet vroue verskyn.

5 responses

  1. 😉
    Jinne, Eelt, ek moes hard op my tanne byt, maar ek het dit reggekry om niks oor jou Venus te se nie. Vergewe my?
    Maar wag, voor jy my hier afskop, laat ek na die ander blog gaan!

    2009/05/18 om 20:14

  2. Weer ek! Gaan jy hierdie positiewe, besonderse blog afskeep ten gunste van die ander een?😉

    2009/05/25 om 08:55

  3. Hi Boends dis lekker dat jy so sê! Ek dink ek gaan hierdie een vir ‘n rukkie bietjie afskeep terwyl ek deur die wetenskap van vet kwessies worstel. Ek wil nie graag hê Rosalind Franklin moet maklik die vloer met my vee nie…

    Ek is nog steeds verbaas dat daar vroue (veral jy) is wat hier lees, en wat nie kommentaar lewer in die lyn van “hoe durf jy”, nie. Ek dink jy is baie on-tipies (besonders, eintlik), maar dit kan mens aan jou blog ook sien.. en so dit maak dit vir my baie interessant om hierdie blog te hê. Nogtans ek dink nie dit gaan ooit so wees dat ek voel ek moet iets skryf nie. Ek sal maar altyd net iets skryf as ek iets gesien het om oor te skryf. Op die oomblik is daar 2 posts wat ek in my kop het.

    Die ander kwessie wat ek altyd het, en wat ek nie voorsien het toe ek begin het nie, is hoe gewaagd ek kan wees sonder om my vroulike lesers te vervreem. Kan jy my dalk enige hints gee daaroor?

    2009/05/25 om 16:01

  4. Ag, Eelt, jy se die mooiste goed! 😉 Ek dink ek is ‘on-tipies’ a.g.v die groot invloed wat mans op my lewe gehad het: 5 broers, en nou in Angola net mans vir die laaste 3 + jaar. Mans skok my nie maklik nie, maar dan weet ek ook hulle is oor die algemeen onskadelik! 😆

    Ek wens ek kon jou help met ‘hints’. Ek dink jy doen goed soos jy is. Mens kom agter dat jy ‘n jintelman is – met ‘n oog vir vrouens! Eintlik het ek dieselfde probleem. Ek sal my vroulike bloglesers oornag grys maak as ek skryf wat ek REGTIG wil skryf! :mrgreen:

    Sterkte met die Verslankingsblog. Ek dink nie ek gaan so baie daar kuier nie – was nog nooit ‘n girl vir harde feite nie. 😳

    2009/05/25 om 22:57

  5. Dankie jong …
    grys is ook ‘n goeie kleur.

    2009/05/27 om 22:25

Lewer kommentaar op hierdie inskrywing

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s