Kaal meisies, mooi natuurlike vroue. Die mooiste fotos ooit. Die beste mans ooit

Die skoonheid in die kafee

Sonkind se oulike inskrywing oor haar en ‘n ryk man het my my laat dink aan ‘n gesprek met ‘n kollega eenkeer:

Kollega:  Nou die dag stop ek by ‘n kafee in die middel van nerens, my oe nog vol slaap, en die vrou wat daar saam met haar man werk is so beeldskoon, my mond val oop.  Dis eintlik ‘n skande.

Ek: Huh?!?  Hoekom?!?

Kollega:  Want sy is so mooi, sy verdien eintlik om haar tyd te verdeel tussen shopping, en vakansies oorsee op Griekse eilande en so.  Nie om haar af te sloof saam met ‘n armgat in ‘n kafee nie.

Ek: Wel ek is baie bly vir daardie armgat se part.  Hoekom pla dit jou?

Kollega:  Want sy kan mos baie beter doen as dit.  Mooi vroue kry ryk mans.  Ryk mans kry mooi vroue.

Ek:  Dis nie my ervaring nie.  Vir my lyk dit of skoonheid eweredig versprei is tussen ryk en arm.

(wat ek nie bygese het nie, is dat slankheid meer algemeen is onder ryk mense, maar ek heg mos nie enige waarde daaraan nie, soos julle weet)

8 responses

  1. Hoe interessant dat jou kollega glo skoonheid moet vergoed word? Ek dink ook egter suksesvolle mans kies mooi girls uit die genepoel… Ek is party dae bly ek is nie popmooi nie want ek leef liewer met my eie onsekerhede oor hoe ek lyk as die alewige wonder of die man lief is vir wie ek is… of is ek net ‘n trophee aan sy arm. Ek hoop daar is nog mans wat verlief raak op die siel….

    2009/07/25 om 23:18

  2. Ek weet nie. Nog nie so opgelet nie. Ekself het nog nooit vir die looks gegaan nie, maar die persoonlikheid. ‘n Snaakse man is vir my ‘n sexy man en ‘n sexy man wil ek he! 😆

    2009/07/26 om 15:42

  3. Boends, ‘n Man wat kan mooi sing of skryf… Dit maak my kniegies lam…

    2009/07/26 om 16:20

  4. En dis ook maar goed verskillende goed ‘skakel’ verskillende mense aan, ne? 😉

    2009/07/26 om 20:16

  5. Girltjie, die idee dat skoonheid vergoed moet word is algemeen. Baie mense glo dit, maar besef nie hulle glo dit nie. Vroulike skoonheid word ryklik beloon, terwyl vroue wat nie as mooi gereken word nie, ge-ignoreer en ge-minag word, en al die harde werk moet doen.

    Boends, dit is waar dat verskillende goed verskillende mense aanskakel, en dis vir my lekker om die reels van wat mooi is, so wyd te vat soos ek wil.
    Tog is daar nog steeds vroue wat nie die paal haal in enigeen se boek nie. Dit is iets wat my pla. Hoe voel dit om so ‘n vrou te wees? Hoekom kan hulle nie ten minste op professionele en medemenslike gebied dieselfde behandel word nie?

    In elk geval, vir my tel looks net soveel soos vir enige man. Maar ek glo mens kan ‘n mooi vrou se siel in haar skoonheid sien.

    2009/07/27 om 00:15

  6. Ek het net besef, wat vir ons dames mooi is… is nie noodwendig vir mans mooi nie… gelukkig verskil smaak dan….

    2009/07/28 om 21:30

  7. Mooi sterk hande, sjoeoeoe. Boendoe ek stem ‘n Sin vir humor sê die ou is selfversekerd en dit is ook dêm sexy. Baasvanieplaas maak my baie lag, en hy lispe so effe…. ai ai ai

    2009/08/07 om 09:03

  8. 🙂

    2009/08/07 om 09:03

Lewer kommentaar op hierdie inskrywing

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s