Kaal meisies, mooi natuurlike vroue. Die mooiste fotos ooit. Die beste mans ooit

Die drie eilande

Op die eiland van mans, het die mans in spanne saamgewerk om dinge te bou.   Die manne het groot waarde geheg aan mekaar se geselskap en opinies, en het ook saans na werk met die mans in hulle spanne gesosialiseer.  Hulle het baie van vroue gepraat, en het mekaar geleer om dieselfde tipe vroue verkies.

mans

Op die eiland van die vroue, het die vroue hul huise so mooi as moontlik gemaak.  Groot klem is gele op passende kleure.  Sommige  vroue het gedurig vergelyk wie se huis is die mooiste.

suburbia

Op die eiland van godinne, was daar ‘n vrou in elke boom, rots, berg, waterval en stroompie.  Hierdie godinne was baie verskillend van mekaar.   Soms het ‘n man van die eiland van mans daarin geslaag om die saaiheid van sy bestaan te begryp.  Party van hulle het probeer ontsnap deur na die eiland van godinne te swem. Enkeles van hulle het nie verdrink nie, en op die eiland van godinne aangekom.   Die wat dit reggekry het, het nooit terug verlang nie.

eiland

14 responses

  1. So watse “tipe” vroue het die mans dan gekies Eeltjie?

    Ek wonder of daar dalk een of twee van die mans spyt was hulle het ontdek daar is iets anders daar buite? Was daar toe terug draai slag vir daai wat besluit het hulle eie eiland is beter?

    2009/07/29 om 11:56

    • Almal verskillend, Girltjie. En daar was baie min mans op die eiland van godinne. Nie een van hulle het ooit terug verlang nie.

      2009/07/29 om 23:00

  2. Ek hoop ek is ‘n godin. 😆 Moet tog my man vanaand vra!

    2009/07/29 om 14:02

    • Boends, skielik is ek nou vreeslik nuuskierig om te weet of jou man my blog lees (vir die artikels, natuurlik!). En as hy doen, wat hy daarvan dink.

      2009/07/29 om 23:03

  3. Of bedoel jy dalk die mans van die eiland van mans, Girltjie? Hulle het mekaar geleer om van vroue te hou wat by die REELS hou.

    2009/07/29 om 23:09

  4. Hahaha! Eeltjie, ek het nie ‘n idee of hy hier lees nie! As ek nie by die huis is nie, sit hy gewoonlik vasgenael voor my blog (of so vertel hy my), en ek het hom al van jou vertel. So, daar is ‘n kans dat hy al het… :mrgreen:

    Een ding is verseker: jou vet godinne gaan dit nie vir hom doen nie! Bwhahahahaha!! 😆 (ek loop…nee, ek hardloop…)

    2009/07/30 om 00:08

  5. Aaaaaaaahhhhhhhhhh…😦😦😦 Hiedie liefdes driehoek tussen mand, vrouens en reels.

    Ek hou nie van REELS nie. Ek hou nie vand DIE reels nie. Ek volg ook nie DIRE REELS nie. As dit gaan maak dat manvang moeiliker gaan wees… then so be it…

    2009/07/30 om 11:42

  6. Dankie Eeltjie. Sal gaan loer.

    Is daar wel mans wat ook dink DIE REELS is ‘n pot snot?

    2009/07/30 om 12:59

    • Natuurlik! Maar nie vreeslik baie nie..
      As ‘n man sy meisie DIE REELS laat nakom, dra sy sy vriende se goedkeuring weg, en kan hy sy borsie uitstoot by hulle.
      Maar as hy nie van die REELS hou nie, kan hy haar laat gelukkig wees, en ek dink sy sal hom dan baie spesiaal terug gelukkig maak.

      2009/07/30 om 13:40

  7. Wat gebeur as die godinne besluit hulle is nie meer lus vir die manne op hulle eiland nie?

    2009/07/30 om 17:38

    • Hello Nelba, lekker om jou weer te sien! Die godinne besluit nie saam oor enige iets nie, want hulle is godinnne en sit nie in komitees nie.
      Die manne op die eiland is helde.
      Elke godin kies vir haar een held.
      ‘n Held weet hoe om ‘n godin gelukkig te maak.

      2009/07/30 om 17:55

  8. Laat my dink aan die Amazone-mite, die vegtervroue op hul eie, met net mans vir wanneer nodig.

    2009/08/03 om 18:50

  9. Rosalind! Is ek reg as ek vermoed jy hou van die Amazone-mite?

    2009/08/03 om 19:46

Lewer kommentaar op hierdie inskrywing

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s