Kaal meisies, mooi natuurlike vroue. Die mooiste fotos ooit. Die beste mans ooit

Die beste mans ooit (2): Os Du Randt

Ek verkies eintlik om oor vroue met kurwes en groot swaarde  te blog, maar my vroulike lesers dwing my deesdae om oor mans te blog.  Gelukkig kan ek darem self kies oor watter mans om oor te skryf.

In rugby is daar baie ander groot name wat ek kon oorweeg het – byvoorbeeld Mannetjies Roux (wat boonop ook ‘n goeie vegvlieenier was) en Frik Du Preez.  Maar hierdie ou helde het maar min gespeel en min sukses geniet in vergelyking met die onlangse Springbokke.   So wat van Fourie du Preez, Bryan Habana, Victor Matfield en so?  Nee wat, hierdie ouens bou nog aan ‘n loopbaan, en om so lank te hou, en so baie te bereik soos Os, het hulle nog ‘n entjie om te gaan.  Os is een van net 6 spelers wat twee keer in die wereldbeker wenspan was – die ander 5 is almal Ausies.

Os kom uit die Vrystaat (van waar anders),  die rots waarop SA rugbysukses vir jare lank gebou is, onder meer 2 wereldbekers.  Ek hoop nie hy kom ooit af op hierdie fan-inskrywing oor hom nie, want hier moet arme hy  pryk tussen hordes kaal meisies, en ek weet hy is ‘n baie ordentlike ou.   Maar ek dink hy is ‘n bielie van ‘n man, en nog iets wat ek van hom hou is sy steun vir Caster Semenya in die tyd toe die mislike Ausies en ander soos die grusame David Bullard haar liggaam selfvoldaan gesit en bespreek het.

So ek dink hy is een van die beste mans ooit.

Kom ons kyk bietjie wat Os alles kan doen (bo en behalwe skrum):

Aanspoor:

os_aanspoor

Algemene stootskraperwerk:

os_padskraap

Deurbars:

os bars deur

Tackle:

os_duik

Groot lyk:

os_grootlyk

Wen:

os_wen

8 responses

  1. Ag ja, Os. 😉 Hy skakel my nie juis aan nie, maar hy laat my hart smelt omdat hy (a) na so goeie mens lyk en (b) ‘n Vrystater is.

    Like

    2009/10/21 om 09:08

  2. Sjoe…. Kyk net daai lyf! GROOT man daai!

    Like

    2009/10/21 om 10:28

  3. Os was maar bietjie poegaai die laaste keer toe ek hom sien speel het – teen Engeland. – Waar is Percy!! Aitsa man, daardie is ‘n man wat vir jou ‘n bal kan oorsit hoor, my hero!!

    Like

    2009/10/21 om 20:53

  4. @Vlam, ja-nee, Vrystaters het eenvoudig maar net iets wat die res vd wereld nie het nie.
    @Nikita, hy kom uit die amateur-era! Was jy al ooit gebore daai tyd? Anyways, sterkte met die rapporte.
    @Girljie, ek dink ‘n vrou kan nie ‘n fout maak met so ‘n man nie.

    Like

    2009/10/23 om 19:04

  5. haai Eelt..komaan man, Percy is (was) een van ons beter spelers, Os is bietjie “oor die muur” (jammer vir die “belediging”! 😆 maar hy’s bietjie “oud”)

    Like

    2009/10/23 om 21:58

    • Nikita, kom ons stel dit so: As Percy nog die Springbokspan kan haal wanneer hy so oud is soos wat Os was toe hy sy tweede wereldbeker gewen het, sal ek hom vir ‘n “beste man ooit” oorweeg.

      Like

      2009/10/24 om 11:25

      • Jammer eeltjie, ek wil nie jou bloeddruk opjaag nie, ek wou net bietjie terg…[hehe] nou moet ek jou eerlik se, Dawie De Villiers en kie…hulle het nou styl gehad

        Like

        2009/10/24 om 13:13

        • Nikita, dis nie so maklik om my bloeddruk op te jaag nie. Probeer eerder met Luke Watson as jy dit wil doen.

          Like

          2009/10/25 om 16:28

Lewer kommentaar op hierdie inskrywing

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.