Kaal meisies, mooi natuurlike vroue. Die mooiste fotos ooit. Die beste mans ooit

Daar sit (nog steeds) ‘n dom ou aan my vas*

Ek het iewers gelees van ‘n skrywer wat van sy eie seksualiteit gesê het dis soos om te lewe met ‘n dom ou wat aan jou vas is, en wat jy oral met jou moet saamsleep en versorg. Eers toe hy oud was, kon hierdie skrywer die verligting beleef om van die dom ou ontslae te raak, en sy menslike verhoudings en skrywery te geniet sonder dat die dom ou heeltyd dinge opvoeter.

Die skrywer het natuurlik ‘n punt beet – daardie dom ou is ook aan my vas, en ek moet dinge doen om hom in bedwang te hou soos byvoorbeeld oefening.  (Fietsry help glad nie, dit maak mens net nog meer jags – dit moet iets wees wat harder op die lyf en gebeentes is, soos rugby, draf,gewigte of touklim)

Maar ek beleef nie my seksualiteit regtig as ‘n las nie – ek geniet dit eerder.  Dit is totaal deel van my, en ek vermoed as ek eendag 100 is, sal ek nog steeds meesal vroue verkies en hulle lieflikheid geniet bo enigiets anders.

Maar as jy na vroue kyk, moet jy darem onthou dat dit nie altyd noodwendig vir haar lekker of gemaklik is nie, en as dit gebeur dan moet jy elders kyk.  Veral as jy in ‘n magsposisie teenoor haar is, byvoorbeeld as jy haar haar werkgewer is.   As die vrou is maar te bly om ‘n werk te hê, voel sy dalk verplig om vir jou, haar baas te glimlag terwyl sy heimlik sukkel om  haar walging vir jou in bedwang probeer hou.

Gelukkig is baie vroue nie in so ‘n magtelose situasie nie, en vir die meeste van hulle is dit maklik om met ‘n blote gesigsuitdrukking die man te ignoreer aan ‘n manlike bewonderaar te wys hoe sake staan.  En gelukkig vang mans gewoonlik (hopelik) hierdie soort seine.

6 responses

  1. 😆 Nogal baie waar.

    2010/02/04 om 11:02

  2. Daai skrywer is Andre P Brink

    2010/02/05 om 23:51

    • Weet jy in watter boek van hom?

      2010/02/08 om 22:34

  3. Eelt, ek dink die boek is “Voor ek vergeet”

    2010/02/09 om 17:44

  4. Hier is ‘n kort sinopsis van die beok:

    Chris Minnaar is ‘n 78-jarige skrywer wat op sy oudag vir die soveelste keer verlief raak. Maar Rachelle is getroud, en deur haar raak Chris ook betrek in ‘n vriendskap met haar man, ‘n fotograaf. Dit is ‘n baie intense driehoekige verhouding, wat hom daartoe bring om sy hele lang lewe in oenskou te neem, deur die lens van al die vroue by wie hy ooit betrokke was en wat elkeen op die een of ander manier ‘n sleuteloomblik in die Suid-Afrikaanse geskiedenis van die 20ste eeu verteenwoordig. Hulle wissel vanaf sy ma (nou 103 jaar oud) tot die verleidelike Driekie wat hy as dertienjarige seun in ‘n vyeboom leer ken het, vanaf die besete danseres Daphne tot die yskoningin Isolde.

    2010/02/09 om 17:45

    • Haai Sonkind, dit klink baie interessant. Ek gaan hom nog lees.

      2010/02/10 om 07:51

Lewer kommentaar op hierdie inskrywing

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s