Kaal meisies, mooi natuurlike vroue. Die mooiste fotos ooit. Die beste mans ooit

Vuil praatjies

Toe ek so 12 was, het ons soms ‘kattekwaad’ gedoen.  Dit het behels om mense se deurklokkies te gaan lui,  of ‘n klip op hulle dak te gooi, en dan weg te hardloop.

Ja, ons was regtig so clueless en simpel!

Een aand het ons verby ‘n huis geloop wat vroer deur ons gepla is, en daar keer ‘n vrou ons voor.
Sy het wilde los hare gehad, en met ‘n bier in die een hand, en ‘n sigaret in die ander het sy ons so sleggesê en gevloek dat die see ons nie kon skoonwas nie.

Ek onthou ek het baie geprikkel gevoel.

Ek dink vloek en vuil taal het ‘n plek in die lewe het wat nie deur middelklas vrese en waardes verdring kan word nie.
Vloek het ‘n rol om uiting te gee in ‘n konflik, soos om die klein wetters wat ‘n klip op jou dak gegooi het, ‘n les te leer.  Dis dalk nie die beste manier nie, maar dit is beter as byvoorbeeld aanranding.

En as albei partye in ‘n seksuele verhouding van vuil praat hou, wel, wat is daar om te veroordeel?

Maar iewers is daar ‘n lyn om te trek.  Die lyn, dink ek, is wanneer vuil taal jou belangstelling word.  As iets so eenvouding jou laat tick, moet jy maar lekker dof wees.

Lees ook hier:
– ek dink Son bewoord dit baie goed (met vloekwoorde en al!)

***

Ek kry ‘n slegte gevoel van hoe party mans oor vroue praat.

‘n Gevoel wat my laat wonder of daardie man dalk eintlik  ‘n hardhandige oer is wat, as hy ooit so gelukkig is om ‘n vrou in sy lewe te kry, haar sleg gaan behandel, en steeds gaan aanhou om eerder sy maters te wil beindruk as om vir haar om te gee.

Dit kan miskien wees dat mens hier en daar ‘n man kry wat graag in kru taal met sy maters vroue se anatomie en seksuele eienskappe bespreek, maar wat eintlik ‘n ruwe diamant is, wat sag met ‘n vrou sal werk.
Maar eintlik dink glad nie so nie.   Hoe hy met sy maters praat wys hoe hy gaan wees.

4 responses

  1. ag ek gaan bieg … Ek hou van vuil praat … If you know what I mean …. :mrgreen:

    2010/10/20 om 19:58

    • Girltjie, dis OK, solank almal betrokke OK is daarmee.

      Maar ek wil nie hê enige iemand moet my inskrywing verkeerd verstaan nie – dis bedoel om teen vuil praatjies deur mans met ander mans te wees. Dis bedoel om teen die manier hoe sulke mans vroue bespreek, te wees.
      As jy ‘n man teekom wat so van vroue met sy pelle praat.. my opinie is: bly weg; hardloop weg; hou verby.

      2010/10/21 om 23:07

      • Ons bly verby mekaar comment en verstaan mekaar verkeerd … ** sug ** 😕

        Ons girls kan net so lekker bespreek onder mekaar… moet nie ‘n fout maak nie… DIS wat ek bedoel.

        2010/10/22 om 08:25

        • Jammer oor die verby praat en verkeerd verstaan, Girltjie Dis nie altyd so maklik om reg te kommunikeer op die Web nie.
          Wat meisies se vuil praatjies betref, ek weet nie eintlik iets daarvan nie, maar dit gee my lag, moet ek erken.

          Maar daar is ‘n sekere soort vuil praatjies onder manne wat my omkrap. Dis die soort wat aanneem dat alle vroue kollektief aan die broederskap van manne (die patriargie) behoort. Dat dit elke vrou se plig is om vir die patriargie sexy te wees, en die wat nie is nie, wel hulle moet maar uit sig verdwyn. Hulle menslikheid is van geen belang nie.

          2010/10/24 om 12:24

Lewer kommentaar op hierdie inskrywing

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s