Kaal meisies, mooi natuurlike vroue. Die mooiste fotos ooit. Die beste mans ooit

Die dromers

As skoolseun het ek ‘n vriend gehad met wie ek nagte deur gesels het.   Ons het oor alles van die lewe gespekuleer maar  meeste van alles oor die groot misterie: vroue of meisies.  Ons het al die skrapse kennis wat ons oor die saak gehad het, ruimskoots gedeel.
Een dag het hy my vertel dat dat vroue skaamhare het – ek het geril, was selfs half geskok, en moes my drome en denke oor die saak drasties aanpas.
‘n Ander keer het hy my gesê dat sy Pa voel hy moet nie meer met my vriende wees nie, want ek “hou hom terug”.  Sy Pa het daai soort denke gehad wat sy seun wou dwing om met die main manne van die skool vriende te wees, daai soort ou wat, wanneer hulle groot is, in die rugbylosies en op die gholfbane aangetref kan word, en wat vir jou geleenthede kan gee as jy met hulle pelle is.
My vriend het nie belang gestel om sy Pa se raad te volg nie – hy was ‘n dromer, soos ek.  Hy het nie eers rugby gespeel nie (ek het, maar kon nooit die eerste span haal nie).

Ondanks die feit dat hy nie sy Pa se raad gevolg het nie, is my vriend vandag suksesvol (na my mening, in elk geval).  Hy het sy eie besigheid wat hy as eenmansaak begin het, en hy het die pragtigste, mees ondeunde vrou vrou wat jy jou kan voorstel.   Een keer toe ek daar was, het sy vir ons stukkies uit Riana Scheepers se Katrina boeke voorgelees – ons was spellbound en betower.
Dit was baie interessanter as enige iets wat ooit in ‘n rugbylosie kan gebeur.

Aan my kindertydse vriend se lewe geoordeel, is daar ander paaie na sukses as die ‘manne en kontakte’ -pad.   Een is die pad van verbeelding.

Lewer kommentaar op hierdie inskrywing

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s