Kaal meisies, mooi natuurlike vroue. Die mooiste fotos ooit. Die beste mans ooit

Archive for 2014/06/02

Einde van die paradys

Adam en Eva het baie lekker in die paradys gewoon, en Eva, in haar naakte glorie, was vir Adam baie mooi. Hulle het saam boomgeklim, vis gevang en kopstukke gesels.

Maar eendag kom die slang, en fluister in Adam se oor: “Sou jou lewe nie perfek gewees het as Eva net nie so vet was nie, en nie parra hare gehad het nie?” Omdat Adam die slang se opinies hoog geag het, het sy siening oor Eva begin verander. Hy het sy ontevredenheid met Eva se gewig en skaamhare laat blyk.
Toe Eva agterkom hoe dinge verander het, het sy baie ongelukkig geword. Sy het gewonder wat sy kon doen om hulle verhouding weer reg te kry. Die slang het ook in haar oor kom fluister: “Ek het baie produkte wat jy kan probeer om jou onperfektheid te verbeter. Die parra hare sny jy maklik af, en ek verkoop baie dieete en dieetboeke. Ek verkoop ook vrouetydskrifte wat jou te leer hoe om te wees: Jy moet slank, glad en welgesteld lyk”

Eva het toe begin om haar lewe te wy aan hierdie dinge. Sy het soms bietjie gewig verloor, maar haar jo-jo gewig se langtermyn neiging was opwaarts, en vrouetydskrif dinge was al waaroor sy ‘n gesprek kon voer.

Albei was nooit weer waarlik gelukkig nie.