Kaal meisies, mooi natuurlike vroue. Die mooiste fotos ooit. Die beste mans ooit

Wat ek glo oor liefde en seks

So hierdie blog is ‘n vreemde, selfs bizarre plek om hierdie te skryf, maar ek glo dat seks in ‘n vaste liefdesverhouding tussen twee mense hoort. Dit is waar ware geluk te vinde is. Nie in swinging, groepseks en sulke goed nie. Een probleem met daardie fantasieë, is dat die werklikheid is dat iemand gewoonlik seerkry. Dit is gewoonlik die een wat dit nie regtig wou doen doen nie, maar ingestem het ter wille van die ander een.  En selfs as albei in ‘n paartjie vir daai goed te vinde is, dra dit nie by tot die versterking van ‘n verhouding nie – maar tot aftakeling eerder.

En hierdie argument geld soveels te meer wanneer daar kinders is. Wat sal word van kinders wie se ouers nie kan wag om ander mense te naai nie? Ek sien net een moontlike resultaat – kinders wat sinies grootword, sonder begrip van die krag van die liefde.

En die eindresultaat van swak gesinne en sinisme is ‘n swak samelewing waarin mense ten gronde gaan. Daarenteen is ware liefde iets wat ons sterk maak teen die aanslae van die lewe.

One response

  1. sedge

    Ek is meteens met jou berig ek dink dit gaan ook oor wedersydse respek vir jou “partner” as julle respek vir mekaar en mekaar se liggame het.

    2016/06/24 om 07:48

Lewer kommentaar op hierdie inskrywing

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s