Kaal meisies, mooi natuurlike vroue. Die mooiste fotos ooit. Die beste mans ooit

Die heel mooiste masturbasie storie

Daar is geen fisieke aanraking in Henk se lewe nie. Sedert hy begin wegskram het van sy ma drukkies toe hy ‘n tiener geword het, het sy nie meer juis geweet hoe om hom lief te hê nie.

Haar verwagtinge vir hom was al wat oorgebly het om hul verhouding te definieer.
As sy hom dan nie meer kon drukkies gee nie, wou sy ten minste trots wees op hom.

Omtrent al die ander mense in sy lewe het ook verwagtinge. Oom Grobler wat hom beïnvloed het om ‘n sendeling te wil word. Sy Pa wat wou hê hy moes eerder iets word waarvoor daar altyd betaalde werk is (want moeilike tye lê voor, volgens hom).

Die dosente van die Bybelskool verwag daagliks ‘n nuwe preek of lesing. Selfs sy vriend Werner saam met wie hy gym, spoor hom gedurig aan tot meer, en swaarder, en hy doen dit, want dit help om die sondige begeertes in toom te hou.

Sò loop Henk se gedagtes terwyl hy eintlik moet leer.

Die afgelope tyd het die Bybelskool studente en personeel op aandrang van meneer Paul, die hoofdosent, die eerste ses Star Wars flieke gekyk. Die vrae wat al lankal by Henk spook, het ook weereens kop uitgesteek: Doen mens soms sonde omdat jy weet jy kan later om vergiffenis vra? Is alle sonde regtig ewe erg?

Oor Star Wars het meneer Paul gesê dat daar ‘n wonderlike verlossingstema in is, in die manier hoe Darth Vader (Annakin Skywalker) op die einde vir Luke help, en wegdraai van die Dark Side af net voor hy in Luke se arms sterf.
Maar juffrou Annerie het gesê dis nog steeds hartseer van al die mense wat Annakin dood gemaak het, insluitende die vroue en kinders wat hy vermoor het in daardie tentkamp in die woestyn.

En hy voel simpatie met juffrou Annerie se woorde. Want hoe maak daardie bekering aan die einde dit alles weer ok? En as bekering so handig beskikbaar is wanneer mens dit nodig het, veroorsaak dit nie dat mense dikwels kies om sonde te doen omdat hulle weet hulle kan net agterna weer om vergiffenis vra nie?

Henk weet hy doen dit soms, en dis juis juffrou Annerie wat, sonder haar medewete, daarby betrokke is.
Hy voel baie sleg daaroor, maar dit gebeur so: Wanneer die drukking in hom opgebou het tot ‘n ondraaglike vlak, en hy deur meeste van ‘n nag daarmee geworstel het, gaan hy soms kort na sonop na die stukkie van die Bybelskool se tuin agter die bosse, wel wetende dat hy sonde gaan doen. Hy trek sy klere uit, en voel die opwinding van die son op sy vel, en die vrees, of is dit hoop? dat iemand hom sal uitvang. Dan dink hy aan juffrou Annerie en hoe sy ook daar by hom staan. Hy dink hoe sy haar bloes uittrek, en hoe sy nie ‘n bra aan het nie. Hoe sy vir hom glimlag, nader tree en aan hom raak, en .. wel.
Dan, terwyl ‘n wonderlike verligting nog deur sy lyf tintel, gaan hy op sy knieë en vra om vergiffenis – soos hy voor die tyd geweet het hy gaan doen.
En die res van die dag voel hy ekstra skaam en skuldig teenoor juffrou Annerie.

Juffrou Annerie is die Bybelskool se administrateur en boekhoudster, maar sy gee klas in administrasie en Volkekunde ook, want dis ook van belang op die sendingveld, en sy is gekwalifiseerd daarin. Haar klas is Henk se gunsteling, en hy sorg dat hy altyd baie goed voorberei want hy wil nie ‘n slegte indruk maak nie.
Hy weet dat sy getroud was, maar het nog niks meer daaroor gehoor nie, en verstaan ook nie hoekom sy nogtans “juffrou“ genoem word nie.
Sy is veel swaarder as hy, en boonop heelwat ouer. Maar hy dink gedurig aan haar vrolikheid, haar sproete en hoë wangbene, haar donker oë en haar groot kurwes, die manier hoe sy almal raaksien en intrek.
Hy is selfs intens bewus van die swart haartjies op haar voorarms en die plekke op haar gesig wat al plooitjies het. Hoekom kan hy nie soos Werner speelse verhoudinge met die dorp se jong meisies hê nie? Maar hy vind hulle oninteressant in vergelyking met juffrou Annerie.

Hy dink weer oor sy sonde. Maak mense wat wrede sondes doen ook soos hy – maak doelgerig die sonde klaar en vra dan om vergiffenis? Sy hart het nie vrede met die beginsel dat alle sonde eenders voor God is nie. Hoe kan hy voor mense gaan staan en preek as hy nie hierdie basiese dinge vir homself uitgeklaar het nie, en wat as mense hom hierdie selfde goed vra? Hy besluit om weereens die vrae aan meneer Paul te stel, natuurlik sonder om te persoonlike voorbeelde gebruik.

..

Dis weer nag en hy rol rond in sy bed. Hy het toe sy vrae gestel, en hy kriewel nou nog van frustrasie oor hoe meneer Paul hom geantwoord het. Paul se gewone vriendelikheid was skielik afwesig, en Henk onder kruisverhoor: “Wat het jou vraag met vandag se onderwerp te doen”? Ok, toegegee niks. Maar dit is so belangrik vir hom om die saak uit te klaar.
“Jy moet soos ‘n kindjie glo”. Ja, hy wil dit, maar uit sy eie, nie in opdrag van iemand wat so met hom praat nie. Dit gaan ‘n lang nag wees, besef hy.

Dis dagbreek. Hy sluip saggies buitentoe na die plek tussen die bosse en die huis langsaan se heining, en trek weereens sy klere uit. Toe hy aan sy penis vat, verbeel hy hom hy hoor iets anderkant die heining. Hy gaan nogtans aan, maar word yskoud toe hy voetstappe hoor van iemand wat anderkant die heining wegstap.

* * *

“Noudat julle die klagte gehoor het, moet die Raad nog net besluit wat om met die jong man te doen”, sê meneer Paul. Hy kyk eerste na dominee Nel, wat bekommerd terug staar.
“Ek kan nie sien hoe ons iemand wat homself nie kan beheer nie, sendingveld toe stuur nie“,
sê meneer Paul. “ Hy sal ‘n ramp wees. Dit sal beter wees as ons hom nou keer “.
Dominee Nel kyk nog steeds net bekommerd na meneer Paul.
“En baie van die Bybelskool se skenkers woon in hierdie omgewing. Ons wil nie bekend word as ‘n plek van onsedelikheid nie. Ek stel voor ons skors hom”, sê meneer Paul. Wiese knik plegtig om te wys hy stem saam.
Almal kyk na Dominee Nel vir leiding, maar
“Waar is die liefde in dit?! “, roep juffrou Annerie dit uit. “Hy is agtien jaar oud! “
En Clive, die enigste bruin lid van die Bybelskool se raad, sê skielik kliphard: “Aag dis nou sommer ‘n pot st.. ‘n storm in ‘n teekoppie! Ek stel voor ons gee hom ‘n kans. “

Clive is die dorpspan se afrigter en hy het ‘n harde stem . Dominee Nel het gewip soos hy skrik toe hy praat, maar dit lyk of hy hom nou tot ‘n besluit geskrik het.
“Nou goed, ons gee hom ‘n kans “, sê hy. Hy kyk vinnig na meneer Paul. “ Natuurlik met ‘n ernstige waarskuwing “

Juffrou Annerie glimlag vrolik vir Clive.

* * *
Henk het nie klas toe gegaan nie. Hy wag mismoedig om van die Bybelskool se Raadsbesluit van die vorige aand te hoor.

Daar is ‘n klop aan sy deur. Dis meneer Paul.
“Die raad het gisteraand besluit om nie ‘n klag van openbare onsedelikheid teen jou aanhangig te maak nie, en om jou nie amptelik te skors nie, maar eerlikwaar: ek kan nie sien hoe jy nog jou gesig hier rond kan wys nie.“ sê hy.
“Ek kan ook nie sien hoe iemand wat homself nie kan beheer nie, op die sendingveld enige iets anders as ‘n ramp sal wees nie“.
Henk kan nie sy lyf meer voel nie. Sy mond gaan oop, maar net ‘n lelike, skor klank kom uit. Is dit hoe hy nou gesien word? So dit is dan dit. Wat gaan hy vir sy ouers sê?
“ Ek hoop jy vind jou pad”, sê meneer Paul, skud sy hand, en stap uit.

* * *
Dis al middag, en hy weet nog steeds nie wat om te doen nie. Hy weet hy moet net sy ry kry, maar dis asof hy nie kan sluk aan die idee dat sy vriende selfs nie eers sy gesig sal kan verduur as hulle hom sou sien nie. Dieselfde gedagtes maal oor en oor deur sy kop: Alle sonde is ewe – my sonde is erger – almal doen sonde – sonde kan vergewe word – my sonde is so erg dat my vriende my sal verwerp.

Skielik bars Werner by sy kamer in. “ Ek dag jy het gery?” sê hy. Henk staan uitdagend op.
“Moes ek, volgens jou mening?”
“Erm, wel ek sê maar net wat ek gehoor het”
“Wel, dis wat ek gaan doen; ek het net gewag om te kan groet. Of moes ek soos ‘n hond wegsluip?”.
“Geensins”, paai Werner. “ Buitendien as jy nou ry, kom jy iets soos drie-uur in die oggend by jou ouerhuis aan. Slaap eerder hier vannag – jy is mos nie geskors nie “.

‘n Bietjie later kom nooi Werner hom om ‘n bier te gaan drink by Krige se kroeg. Van die ander jonges gaan ook daar wees. Krige is ‘n veteraan van die Bosoorlog en hy het ‘n yslike litteken in sy gesig, asook een voorarm te min. Maar hy bedryf ‘n vriendelike plek waar almal welkom voel. Boonop voel Henk hy wil saamgaan om te sien hoe die ander reageer as hulle hom sien, om te bepaal of hy nou soos ‘n melaatse is of nie.
* * *

“Ek hoor die Bybelskool gee jou grief” sê Krige toe hulle instap. “Kry ‘n bier op die huis.“
Hierdie woorde gee Henk moed vir die aand.
Sommige van die ander groet hom soos hulle inkom. Daar is net twee wat hom duidelik vermy. Tog is hy na ‘n rukkie alleen by die kroegtoonbank want Werner gesels met twee meisies wat Henk nie ken nie, en ‘n klomp van die ander het weer geloop. Henk wonder of die kroeg so vinnig leeggeloop het as gevolg van sy teenwoordigheid.
Krige loop om te gaan eet, en sy kroegmeisie Hannie kom aan diens. Henk het gehoor Hannie is Clive se dogter.

“ Ek hoor jy was ‘n bietjie stout gewees “, sê sy met ‘n glimlag. Teen hierdie tyd het Henk begin ontspanne voel na sy tweede bier, en Hannie se vriendelikheid is welkom.
“Wat het jy dan aangevang?”, vra sy.
“Wat het jy gehoor?” probeer hy ‘n soort verdediging, wat sleg backfire, want sy sê prontuit: “ Ek’t gehoor jy het kaalgat in die Bybelskool se tuin gestaan en wank toe die buurvrou jou sien. “
Sjoe, bruin mense kan baie direk wees, dink hy.
“ Toemaar, kry nog ‘n bier oppie huis”, sê sy toe sy sien hoe Henk van haar woorde ineenkrimp.

“Hoe weet almal dan so alles van my skande?”, wil hy weet.
“ Mense praat mos maar, en toe ek die rumour hoor het ek my Pa gevra”, sê sy.
“My pa en juffrou Annerie het opgekom vir jou kant by die vergadering”. Henk skrik toe hy dit hoor, en voor hy in sy effens aangeklamde toestand mooi kan dink sê hy: “Dit was sy wat.. “Toe eers bly hy stil, hou sy hand voor sy mond, en kyk bekommerd na Hannie.

“Sy het wat gewat het?!”, sê Hannie dadelik. Henk wou niks verder sê nie, maar met al die biere, en haar vroulike sjarme en intuïsie kry Hannie tog wel die hele storie uit hom. Maar Henk is dadelik spyt dat hy nou nog boonop sy fantasie oor juffrou Annerie uitgelap het.
“Ek moes nie dit vertel het nie. Moet seblief nie dat dit ook nog die hele dorp rond vertel word nie. Dit sal baie sleg vir juffrou Annerie wees. “
“Moenie worry nie, alles sal ok wees” sê sy die liedjie se woorde na.“ Ek en sy is mos pêlle. Ek sal nooit iets doen wat vir haar sleg is nie”
“Ek hoop jy gaan die kans vat wat my Pa en juffrou Annerie vir jou gemaak het? “, gaan sy voort.
“ Nee, more oggend met sonop ry ek. Ek sal nie deug as ‘n sendeling nie. Dankie vir die gesels en die bier. En sê vir juffrou Annerie en jou Pa ek sê dankie dat hulle vir my opgekom het. “
Henk voel skielik ‘n soort finaliteit – sy tyd by hierdie plek is verby. Hy is eintlik lus om deur die nag te ry, maar hy weet hy moenie omdat hy bier gedrink het.
Hy neem afskeid van Hannie, en gaan na sy kamer om vroeg te gaan slaap en vroeg te ry.

* * *

Toe dit lig word, is sy goed gepak, en net toe hy hartseer in sy kar klim om die nog slapende dorp te verlaat, lui sy selfoon. Dis juffrou Annerrie. “Wag, ek wil met jou praat, sê sy.

Drie minute later kom sy by die Bybelskool se inrypad ingestap, en glimlag toe sy sien hoe gereed Henk by sy kar staan. “ Jy hoef nie weg te gaan nie”, sê sy. “ Daar is regtig ‘n kans vir jou hier “.
“ Dis gaaf van jou, en dankie dat jy by die Raad vir my opgekom het “, sê Henk sy voorafbeplande woorde. “ Ek sal nie deug as ‘n sendeling nie, en ek wil nie deur almal so skeef aangekyk word nie. “

“ Ek het ook al foute, gemaak, ons almal het. En joune was nie eers so… Jy het vriende hier…Ons hou van jou…. Ek hou van jou “

Henk verbaas hom oor haar woorde, haar erns en haar skielike stamel, want sy is gewoonlik borrelend en vol selfvertroue. Maar hy hou by sy storie, want hy voel self so skaam dat hy wens die aarde wil hom insluk.
“ Iets soos wat ek gedoen het kan nie hier verdra word nie, ek is te skaam om te bly.. Selfs om jou nou in die oë te kyk, is moeilik “
Stilte.
“ Ek ry vandag”
Sy kyk hom ernstig aan.
“Hannie het my vertel van jou fantasie oor my”, sê sy skielik.
Dis asof ‘n elektriese skok deur sy bene trek. Hoe antwoord mens daarop? Hy het geen idee nie.
“Toe ek ‘n tiener was het ek skelm my broer se dagboek gelees. Hy het soms sy masturbasie fantasieë daarin geskryf.“
Henk kan nog steeds nie praat nie.
“Maar vir my is joune die heel mooiste masturbasie storie. Ek het soo gevlei gevoel!“

Sy lag vir sy verleentheid.

“Wys my waar dit was “, sê sy vrolik. Hy stap na die bosse toe en gaan wys haar, hoofsaaklik omdat hy aan niks anders kan dink om te sê of te doen nie. “ Mevrou Botha wat jou verklik het, is gister Kroonstad toe om vir haar kinders te gaan kuier”, sê sy.

“Trek al jou klere uit “, sê sy. Hy gehoorsaam. “Ek verloor beheer oor wat ek doen, sy beheer my heeltemal”, dink hy.

Hy waag dit om in haar rigting te kyk.
Sy het haar bloes uitgetrek. Hy sien die helder sonlig op haar vel. Sy glimlag vir hom.
Hy besef skielik dat hy hy nie beheer oor sy wil verloor het nie. Wat hulle ookal nou gaan doen, is presies wat hy wil en moet doen.

Ek gaan dit vir niks mis nie, dink hy.

Lewer kommentaar op hierdie inskrywing

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s