Vryheid en sekerheid van die persoon
In die Handves van Regte van die Suid-Afrikaanse grondwet staan:
11. Elkeen het die reg op lewe.
Vryheid en sekerheid van die persoon
12. (1) Elkeen het die reg op vryheid en sekerheid van die persoon, waarby inbegrepe is
die reg om –
(a) nie arbitrêr of sonder gegronde rede vryheid ontneem te word nie;
(b) nie sonder verhoor aangehou te word nie;
(c) vry te wees van alle vorme van geweld van hetsy openbare hetsy private oorsprong;
(d) op geen wyse gemartel te word nie; en
(e) nie op ’n wrede, onmenslike of vernederende wyse behandel of gestraf te word nie.
(2) Elkeen het die reg op liggaamlike en psigiese integriteit, waarby inbegrepe is die reg –
(a) om besluite oor voortplanting te neem;
(b) op sekerheid van en beheer oor die eie liggaam;
Hierdie inskrywing is geinspireer deur Prof. Tinyiko Maluleke
Die beste mans ooit (2): Os Du Randt
Ek verkies eintlik om oor vroue met kurwes en groot swaarde te blog, maar my vroulike lesers dwing my deesdae om oor mans te blog. Gelukkig kan ek darem self kies oor watter mans om oor te skryf.
In rugby is daar baie ander groot name wat ek kon oorweeg het – byvoorbeeld Mannetjies Roux (wat boonop ook ‘n goeie vegvlieenier was) en Frik Du Preez. Maar hierdie ou helde het maar min gespeel en min sukses geniet in vergelyking met die onlangse Springbokke. So wat van Fourie du Preez, Bryan Habana, Victor Matfield en so? Nee wat, hierdie ouens bou nog aan ‘n loopbaan, en om so lank te hou, en so baie te bereik soos Os, het hulle nog ‘n entjie om te gaan. Os is een van net 6 spelers wat twee keer in die wereldbeker wenspan was – die ander 5 is almal Ausies.
Os kom uit die Vrystaat (van waar anders), die rots waarop SA rugbysukses vir jare lank gebou is, onder meer 2 wereldbekers. Ek hoop nie hy kom ooit af op hierdie fan-inskrywing oor hom nie, want hier moet arme hy pryk tussen hordes kaal meisies, en ek weet hy is ‘n baie ordentlike ou. Maar ek dink hy is ‘n bielie van ‘n man, en nog iets wat ek van hom hou is sy steun vir Caster Semenya in die tyd toe die mislike Ausies en ander soos die grusame David Bullard haar liggaam selfvoldaan gesit en bespreek het.
So ek dink hy is een van die beste mans ooit.
Kom ons kyk bietjie wat Os alles kan doen (bo en behalwe skrum):
Aanspoor:
Algemene stootskraperwerk:
Deurbars:
Tackle:
Groot lyk:
Wen:













Onlangse Kommentaar