Kaal meisies, mooi natuurlike vroue. Die mooiste fotos ooit. Die beste mans ooit

Vrouehaat

Die ding met ‘n vrouehater is dat hy self nie weet of erken hy is een nie.  Want as daar ‘n meisie of vrou is wie se skoonheid hy bewonder, dan behandel hy haar selfs soos ‘n koningin.

Maar as daar ‘n vrou is wat nie aan sy “standaarde” voldoen nie – dalk omdat sy nie jonk, ferm of slank genoeg is nie, dis dan wat sy vrouehaat na vore kom.

Want eerstens sien hy haar omtrent nie raak nie – haar menswees is min of meer onsigbaar.  Hy kan wel nou en dan haar voorkoms  beledig, maar dis nie baie intens bedoel nie, sy moet  volgens hom maar dit maar net ligweg aanvaar, dis mos maar hoe die lewe is.

Maar as sy dit dalk sou waag om iets te doen wat nie so onsigbaar is nie, byvoorbeeld om te gaan swem of op die strand te verskyn,  ‘n naakfoto te laat neem, of om sy houding uit te daag, of om die hele stelsel te kritiseer, dan is daar geen keer aan hom nie.  Iets dwing hom om haar dan so te probeer beledig dat sy dit nooit weer sal waag om daardie sonde teen die man te pleeg nie.  Hy wil haar dan so herhaaldelik en intens verneder, terug in haar onsigbaarheid in, dat sy dit nooit weer sal waag om selfs koel aan te trek wanneer dit warm is nie.  Geen liggaamsdeel is buite perke vir die afkraak nie.

En sy moet ook nie kwaad, hartseer of enige ander gevoel oor die manier hoe sy behandel word, laat blyk nie.  Nee.  Hy sal vir haar bepaal hoe sy daaroor moet voel.  Sy moet  nie so fyngevoelig wees nie, dis nie so erg nie.

Dit is hoe vrouehaters  is.

Maar wie is hulle?  Afrikaners, Mighty Men?   Nee, dis ‘n wereldwye probleem, en een van die ergste groep vrouehaters is die wat hulle dae daaraan spandeer om vroue op die blogs, Twitter en Facebook af te kraak.

4 responses

  1. Deels waarvan jy hier skryf het hierdie pic inspire… 🙂

    Like

    2012/04/09 om 12:03

  2. http://thysleroux.wordpress.com/2012/03/09/baby-you-could-be-an-8-if-you-lost-weight/

    Hierdie pic eintlik … .sorry … copy and paste ….

    Like

    2012/04/09 om 12:04

    • Ek is bly – & hou van jou reaksie pic!

      Like

      2012/04/09 om 12:43

  3. Dat dit lelik is van julle

    Like

    2014/10/07 om 15:06

Lewer kommentaar op hierdie inskrywing

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.