Kaal meisies, mooi natuurlike vroue. Die mooiste fotos ooit. Die beste mans ooit

Posts tagged “vet aanvaarding

‘n Positiewe besonderse blog

Ek is baie in my noppies daarmee om Boendoe se hero te wees, maar ek wil nog beter doen.

Tweelingkind het nou die dag die interessante woorde van “‘n positiewe besonders” op my blog gebruik, en ek verstaan dat my blog nie vir alle vroue aanvaarbaar is nie.

Ek het besluit om  ‘n positiewe besonderse blog skep wat almal kan help om te verstaan van vet aanvaarding en gesondheid in alle lyfvorms (GIAL), oftewel health at every size.

So ek wil enigeen wat reeds verstaan uitnooi om ook daaroor te blog – as jy wil by jou eie blog, maar op verslanking.wordpress.com is ook welkom.   Dit is ‘n onderwerp wat nie so maklik verstaanbaar is as wat mens sou dink nie, en daarom verg dit ‘n volgehoue poging van skryf, stories vertel, vies raak en diplomaat wees.

Dit sal help om die samelewing te verander, sodat hulle die lewe vir die vetties minder hel maak.

So in die volgende paar weke hoop ek om heelwat feite te plaas by verslanking.wordpress.com wat wys dat dit geen nut het om oor vet aan te gaan en te kwel  nie, en dat vet en maer mense ewe veel moet let op hoe hulle lewe, want albei groepe is ewe kwesbaar vir die gevare van ongesonde kos en ‘n onaktiewe lewe.

Daar sal ook geen fotos van kaal meisies op verslanking.wordpress.com wees nie, maar daar kan dalk wel fotos van welgeklede stunning pragtige vet vroue verskyn.


Health At Every Size

By Big fat blog het ek van hierdie artikel te wete gekom:
All shapes and sizes -Lucy Aphramor. Dit is ‘n baie goeie artikel om te lees vir enigeen wat werklik omgee vir al ons vetties.

Na ‘n misverstand tussen my en Rosalind Franklin het ek besef ek kan nie my persoonlike dromerigheid oor vroue en my veldtog oor vet in dieselfde blog huisves nie.

So ek het ‘n nuwe blog begin: Verslanking. Ek het sommer die Lucy Aphramor se hele inhoud daarin gesit.


Vet en energie

Vet mense is in presies dieslfde bootjie as die res van ons – ons moet almal oefening kry. Net soos daai maer, gestresde ou by my werk – hy lyk of hy dalk nie 40 gaan maak nie.   Baie vetties is gesonder as hy. Sommige dokters en maatskappy oordryf die gevare van vet om hul eie inkomstes op te stoot.  Dis vir almal moeilik om met oefening aan die gang te kom, maar vir vet mense is dit ekstra moeilik weens die vooroordeel wat hulle ervaar of verwag.

As sexyness tussen die ore begin en ‘n effek het op die uiterlike, is daar ook ‘n teenoorgestelde effek.  Vir die wie se liggame nie eenvormig is nie, en wat as gedurig as vet en “obese” uitgekryt word, verg dit ‘n spesiale soort dapperheid om al daai dinge agter te laat en nogtans uit die huis te kom en die lewe te leef.  Maar daar is vroue wat dit regkry – soos byvoorbeeld Carrie .

Ek is mal oor haar.  Sy skryf oor haar oefenprogram, en hoe sy al die begeerte kry om te oefen – as gevolg van daardie lekker gevoel wat die endorfien jou gee.   Na my mening het sy in die posisie gekom waar sy vryelik kan oefen, deur eers die samelewing se mislike vooroordele oor vetties af te skud.  Dus, sy het eers die feministies geinspireerde politiek van vet aanvaarding aangeleer, en dit het haar in staat gestel om haar lewe oop en onbevange te leef en ook oefening te kry.

Jy kan nog van vet-aanvaarding lees.  Hierso

Vet en seksualiteit

Ek wil nie graag aan vet vroue probeer raad gee nie, want wie is ek nou om dit te doen, en so ek skryf eerder oor hoe die samelewing moet verander.

Maar dis vir my duidelik dat baie mans glad nie so bekommerd is oor vet soos julle dink nie, en veral nie so erg soos die verslankingsindustrie dit maak nie.   Mooi en sexy wees is nie beperk tot net Minki se lyfvorm nie.  Vet aanvaarding gaan onder meer daaroor dat ‘n vet meisie of vrou ook insien dat (anders as wat die advertensiewese haar gedurig wil wysmaak) sy net so sexy kan wees soos enige iemand want sexy is nie in maer of vet nie.

Ek kan nie in woorde se wat sexy is nie, maar die fotos en prente in my blog lê dit vas.  Of as die kaal meisies op my blog jou dalk afsit,  lees vir Boendoehier, en hier.  Lees dit in elk geval, al sit my meisies jou nie af nie.

Vet is nie opsigself onaantreklik nie,  dis eerder passiwiteit en selfhaat wat onaantreklik is.  Sommiges in die samelewing se goor houding teenoor vet meisies maak dat dit maklik gebeur dat jy in passiwiteit en selfhaat kan verval.   Maar daai twee dinge is ook makliker om af te skud as die vet self.  Jy moet net die mislike mense se mag oor jou afskud.

Wys ‘n man net ietsie van jou seksuele selfvertroue, en die kanse is goed dat hy soos niks vir jou val…

Jy kan nog van vetaanvaarding lees.  Hierso

Vet aanvaarding – Moenie jou laat voorsê nie

Moenie met ‘n man uitgaan wat iets oor jou gewig te sê het nie.  Hy sal altyd met iets van jou onvergenoegd wees. Kies iemand wat van jou hou soos jy is.

be11

be12

be13

be14

be15

Jy kan nog van vetaanvaarding lees.  Hierso

Verslanking

Jy eet gesond, en kry oefening maar maer word jy nie.   Dis glad nie ‘n probleem wat jy het nie, maar ongelukkig omskep sommiges dit in ‘n probleem vir hul eie selfsugtige redes.   Die maatskappye in die verlankingsindustrie beskou jou as hul wettige prooi.  Hulle laat jou geweldig sleg voel oor jou liggaam, en meer nog, jou hele menswees.  Met fyn sielkunde laat hul advertensies jou voel dis jou plig om geld aan produkte spandeer sodat jy die ‘arme”  samelewing kan beskerm daarteen om jou vet te sien.

Dit is mos baie onredelik of hoe?   Veral as jy agterkom dat hierdie verslankingsprodukte nie werk nie, en boonop baie sleg is vir jou.  Dis onredelik genoeg om oor kwaad te word!  En dis hoekom die vetaanvaardingsbewings opstaan en sê  “Ons gaan nie al hierdie nonsens opvreet nie – ons gaan nie daardie pille koop, of daardie advertensies se beledigings sluk nie. En ons gaan al ons regte opneem. Ons aanvaar nie diskriminasie nie – nie by die werk nie, en ook nie op die strand, of in die gym, swembad of vliegtuig nie”

Hierdie inskrywing is veral geinspreer deur Carrie.

Jy kan nog van vet-aanvaarding lees.  Hierso (jy weet jy wil)

Dare to Show Your Face

Carrie:

(meer…)


Vet aanvaarding – Moenie bang wees nie

As jy ‘n man is, tel ander mans se opinie oor jou meisie se vorm glad nie.   As jy ‘n muis is – wel dan is dit natuurlik totaal bepalend.

bg6

(meer…)


Vet aanvaarding

Die idee is om mense se koppe te swaai sodat hulle aan jou dieselfde dinge gun as maer mense.  Staan op jou regte.

(Hierdie meisie laat my kop draai ook!)

la11 (meer…)


Vet aanvaardings aktivisme

‘n Vet aanvaardings aktivis is iemand wat raaksien dat vet mense soms onregverdig behandel word, en soms onnodige ongerief en diskriminasie moet verduur bloot oor hul liggaamsvorm.   Vet mense word self soms aan ‘n verbasende hoeveelheid  haat en nyd blootgestel.   Mans, maar veral en hoofsaaklik vroue ly onder hierdie soort diskriminisie.   Dit is omdat die samelewing en maatskappye wat produkte wil verkoop, hulself die reg toegeien het om ‘n standaard tipe voorkoms aan alle vroue voor te skryf, en enige afwyking van daardie voorkoms is onaanvaarbaar, en word veroordeel.

Soms is vroue die grootste toepassers van hierdie soort liggaamsfascisme. Sommige vroue sal byvoorbeeld afkeurend sis wanneer ‘n vet vrou in ‘n bikini op die strand verskyn, maar bewonderend kloek wanneer ‘n slanke meisie dieselfde doen. Hierdie vroulike toepassers is totaal gebreinspoel deur die stelsel.

spock (meer…)