Kaal meisies, mooi natuurlike vroue. Die mooiste fotos ooit. Die beste mans ooit

Vet aanvaardings aktivisme

‘n Vet aanvaardings aktivis is iemand wat raaksien dat vet mense soms onregverdig behandel word, en soms onnodige ongerief en diskriminasie moet verduur bloot oor hul liggaamsvorm.   Vet mense word self soms aan ‘n verbasende hoeveelheid  haat en nyd blootgestel.   Mans, maar veral en hoofsaaklik vroue ly onder hierdie soort diskriminisie.   Dit is omdat die samelewing en maatskappye wat produkte wil verkoop, hulself die reg toegeien het om ‘n standaard tipe voorkoms aan alle vroue voor te skryf, en enige afwyking van daardie voorkoms is onaanvaarbaar, en word veroordeel.

Soms is vroue die grootste toepassers van hierdie soort liggaamsfascisme. Sommige vroue sal byvoorbeeld afkeurend sis wanneer ‘n vet vrou in ‘n bikini op die strand verskyn, maar bewonderend kloek wanneer ‘n slanke meisie dieselfde doen. Hierdie vroulike toepassers is totaal gebreinspoel deur die stelsel.

spockLeonard Nimoy is ‘n bekende vet aanvaardings aktivis.

leonard

Hy het ‘n reeks fotos geneem, en gepubliseer in ‘n boek: The Full Body Project.  In die boek is daar fotos soos die:

vet

Viva verkeidenheid!

Sien ook

1.  Sizeism: lees verder hier

2. Bring idees hoe ons as die samelewing meer liefde en respek aan ons vetties kan gee.

3. Bring 10 fotos van mooi en sexy vet vroue

Edit, Desember 2012:  In 2009, toe ek hierdie geskryf het, het ek groot waarde geheg aan die manier hoe vet vroue se skoonheid kan bydra tot vetaanvaarding, en tot respek vir vet vroue.   Dit speel ‘n belangrike rol, en ek hou van Leonard Nimoy se werk, adipositivity.com en nog baie ander.  Maar alle mense het nodig om gerespekteer te word, veral ook mense wat juis nie so mooi is nie.

Wat ek wil sê, is dat in vetaanvaarding weet ons vet mense gesond en / of mooi kan wees want vet wees bepaal nie dat jy lelik of ongesond is nie.  Maar net soos met slanke mense is daar vet mense wat nie juis mooi is nie, of wat gesondheidsprobleme het.  Ook hierdie mense, vroue veral, verdien om met respek behandel te word.  Daarom is fotos van mooi vet vroue slegs ‘n baie klein deeltjie van die  vetaanvaarding beweging.

Om deel te wees van hierdie beweging, begin by healthateverysizeblog.org, en kyk ook by verslanking.wordpress.com

 

 

 

 

2 responses

  1. Juan

    Ongelukkig is selfde samelewing wat teen vet diskrimineer ook die samelewing wat besluit hoe die perfekte mond, neklyn, velkleur en voetgrote moet lyk. Ons, as n samelewing sal nooit vooruit kan gaan as ons nie mekaar aanvaar soos ons geskape is nie. Dis hartseer!

    Like

    2012/02/14 om 05:53

  2. mollige en vet vroue is tog mooier as die mares,baie meer vleis ook

    Like

    2016/05/23 om 15:17

Lewer kommentaar op hierdie inskrywing

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.