Kaal meisies, mooi natuurlike vroue. Die mooiste fotos ooit. Die beste mans ooit

Die REELS

  1. ‘n Vrou mag nie hare of stoppels onder haar arms hê nie
  2. ‘n Vrou mag nie vet wees nie
  3. ‘n Vrou moet ferm borste hê  (jy mag blykbaar nie ‘n potlood daaronder kan indruk nie)
  4. ‘n Vrou mag nie bree heupe hê nie
  5. ‘n Vrou mag nie groot boude hê nie
  6. ‘n Vrou moet na parfuum ruik
  7. ‘n Vrou moet grimering dra
  8. ‘n Vrou mag nie uitlokkend wees nie, sy moet ‘n dame wees
  9. ‘n Dame ry nie agterop ‘n motorfiets nie

Daar’s nog ‘n hele paar wat ek seker nou vergeet het, maar wat ‘n bol tjol is dit nie!   Ek stem glad nie met enige van hierdie reels saam nie.

8 responses

  1. Nee, jy weet, Eelt, ek dink dis reels wat vrouens op mekaar van toepassing maak. Vrouens oordeel vrouens vreeslik streng. Moenie my vra hoekom nie; ek is self skuldig daaraan. Ek tree ook anders (meer ‘ordentlik’) op teenoor vrouens as mans.

    Like

    2009/06/16 om 02:21

  2. Hi Boends, ek stem saam dis vrouens en veral ook die advertensiewese en vrouetydskrifte se reels daai, eerder as mans s’n.

    Like

    2009/06/16 om 06:10

  3. Hello Eeltjie

    Deel asseblief jou epos adres, dan wys ek jou hoekom ‘n meisie nie op ‘n motorfiets moet ry nie. 😉

    Ek stem saam Boends dat ons dalk vreeslik streng is. Hoekom weet EK OOK NIE! Food for thought…..

    Like

    2009/06/17 om 14:55

  4. My adres is by https://eelt.wordpress.com/oor-my/ ek’s nou baie nuuskierig!
    Ek het weer nie vreeslik tyd en simpatie vir mans nie, so lyk my mens be-oordeel jou eie geslag harder.

    Maar aan die ander kant – die tipe mans en vrouens wat altyd met hul eie geslag saamkloek is weer net andersom dink ek.

    Like

    2009/06/17 om 16:16

  5. Haai, ek sien nou eers jy’t my Eeltjie genoem! Dankie vir die video.

    Like

    2009/06/20 om 11:00

  6. Hoop nie mevrou Eelt raak ontsteld nie… Maar ja, EELT doen dit net nie vir my nie… Die ‘tjie klink beter…

    Like

    2009/06/20 om 18:25

  7. annderster

    nog ‘n reel is: ‘n vrou moet klein voete en hande he.

    Like

    2009/06/27 om 23:23

  8. EA

    Al daai reëls is net ‘n klomp snert!!! Maak dit net die teëgestelde dan sal dit in die kol wees!!!

    Like

    2011/03/04 om 08:34

Lewer kommentaar op hierdie inskrywing

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.