Kaal meisies, mooi natuurlike vroue. Die mooiste fotos ooit. Die beste mans ooit

Posts tagged “energie

Krag

Op die oog af ‘n eenvoudige speletjie met simmetrie, maar vir my is dit asof daar ‘n diep rivier van krag en lewensdrif onder dit alles vloei.

Marinna het haar emosies wel mooi onder beheer, maar kyk bietjie na daardie glimlag teen die einde! Ek is oortuig sy het baie pret daarmee om met haar vingers so aan die are van passie te streel.

Right Round Rondo deur Flo Rida en gespeel deur Marrina. Speel dit hard! (jy sal dit in elk geval nooit weer uit jou kop uit kry nie, veral nie as jy dit meer as 20 keer gespeel het nie. Dit het my so ‘n kick gegee, ek kan nie slaap nie)


Vet en energie

Vet mense is in presies dieslfde bootjie as die res van ons – ons moet almal oefening kry. Net soos daai maer, gestresde ou by my werk – hy lyk of hy dalk nie 40 gaan maak nie.   Baie vetties is gesonder as hy. Sommige dokters en maatskappy oordryf die gevare van vet om hul eie inkomstes op te stoot.  Dis vir almal moeilik om met oefening aan die gang te kom, maar vir vet mense is dit ekstra moeilik weens die vooroordeel wat hulle ervaar of verwag.

As sexyness tussen die ore begin en ‘n effek het op die uiterlike, is daar ook ‘n teenoorgestelde effek.  Vir die wie se liggame nie eenvormig is nie, en wat as gedurig as vet en “obese” uitgekryt word, verg dit ‘n spesiale soort dapperheid om al daai dinge agter te laat en nogtans uit die huis te kom en die lewe te leef.  Maar daar is vroue wat dit regkry – soos byvoorbeeld Carrie .

Ek is mal oor haar.  Sy skryf oor haar oefenprogram, en hoe sy al die begeerte kry om te oefen – as gevolg van daardie lekker gevoel wat die endorfien jou gee.   Na my mening het sy in die posisie gekom waar sy vryelik kan oefen, deur eers die samelewing se mislike vooroordele oor vetties af te skud.  Dus, sy het eers die feministies geinspireerde politiek van vet aanvaarding aangeleer, en dit het haar in staat gestel om haar lewe oop en onbevange te leef en ook oefening te kry.

Jy kan nog van vet-aanvaarding lees.  Hierso