Kaal meisies, mooi natuurlike vroue. Die mooiste fotos ooit. Die beste mans ooit

Vet aanvaarding

mollig

Daar is heelwat oor vet aanvaarding op my blog, en so hierdie is soort van ‘n opsomming.  Ek het niks van vet aktivisme geweet nie, maar  ‘n tyd gelede het ek by my oom en sy vrou ge-eet, en daarna hierdie geskryf.  Daarna het ek begin oplees op die web en al hoe meer besef dat die mense met die grootste probleem die ander (maer of slanke) mense is, en dis eintlik ons  wat die meeste moet verander.

carrie

En dis wat aktiviste soos Leonard Nimoy (ook bekend as Mr Spock van Star Trek) en  Carrie P ook vir ons  sê.   Vet mense het ‘n stryd met hul liggame en het nie nodig om ook nog teen gediskrimineer of verag te word nie.   Hulle het liefde nodig net soos die res van ons.  Boonop is die haat wat vet mense soms ervaar, ‘n ekstra struikelblok daarteen om genoeg uit te kom, oefening te kry, en met oorgawe te leef.   Dit is hoekom dapper vetties soos Carrie P ‘n stryd voer namens alle vetties om aanvaarding en gelykheid te kry.   Hoor gerus wat sy in haar oulike  Dare to show your face video sê.

Verslanking, gewig verloor, dieet en advertensies

Dis grootliks die bemarking van verslankingsprodukte wat veroorsaak het dat vet so vreeslik uit die mode is dat selfs sommige vroue onderlangs iets leliks sal sis wanneer ‘n vet vrou dit waag om byvoorbeeld op ‘n warm dag nie haar hele liggaam ten volle bedek nie, terwyl hierdie selfde vroue natuurlik ook nie hulself ten volle bedek nie.   In vroer tye was, en in sommige ander kulture is vet doodgewoon, of selfs gewild.  Vet diskriminasie is eintlik net ‘n kulturele ding, maar word nou heeltemal belaglik, voel ek.

Die maatskappye in die verlankingsindustrie beskou jou as hul wettige prooi.  Moenie hulle nonsens sluk nie.

Vet en seksualiteit

Ek wil nie graag aan vet vroue probeer raad gee nie, want wie is ek nou om dit te doen?  Maar dis vir my duidelik dat baie mans glad nie so bekommerd is oor vet soos julle dink nie, en veral nie so erg soos die verslankingsindustrie dit maak nie.   Mooi en sexy wees is nie beperk tot net Minki se lyfvorm nie.  Vet aanvaarding gaan onder meer daaroor dat ‘n vet meisie of vrou ook insien dat (anders as wat die advertensiewese haar gedurig wil wysmaak) sy net so sexy kan wees soos enige iemand want sexy is nie in maer of vet nie.

Ek kan nie in woorde se wat sexy is nie, maar die fotos en prente in my blog lê dit vas.  Of as die kaal meisies op my blog jou dalk afsit,  lees vir Boendoehier, en hier.  Lees dit in elk geval, al sit my meisies jou nie af nie.

Vet is nie opsigself onaantreklik nie – dis eerder passiwiteit en selfhaat wat onaantreklik is. Sommiges in die samelewing se goor houding teenoor vet meisies maak dat maklik gebeur dat jy in passiwiteit en selfhaat verval.   Maar daai twee dinge is ook makliker om af te skud as die vet self.  Jy moet net die mislike mense se mag oor jou afskud.

Wys ‘n man net ietsie van jou seksuele selfvertroue, en die kanse is goed dat hy soos niks vir jou val…

En kyk net na die  glamorous en sexy fotos van mollige meisies op my blog: Vettie No1, Vettie No2, Vettie No3,Vettie No4 (en nog is op pad).  So manne, moenie nie bang wees om ‘n vet meisie te kies nie – hulle is van die warmste en interessante meisies wat jy kry.

Vet en energie

Vet mense is in presies dieslfde bootjie as die res van ons – ons moet almal oefening kry. Net soos daai maer, gestresde ou by my werk – hy lyk of hy dalk nie 40 gaan maak nie. Baie vetties is gesonder as hy. Dis vir almal moeilik om daarmee aan die gang te kom, maar vir vet mense is dit ekstra moeilik weens die vooroordeel wat hulle ervaar of verwag.

As sexyness tussen die ore begin en ‘n effek het op die uiterlike, is daar ook ‘n teenoorgestelde effek. Vir die wie se liggame nie eenvormig is nie, en wat as gedurig as vet en “obese” uitgekryt word, verg dit ‘n spesiale soort dapperheid om al daai dinge agter te laat en nogtans uit die huis te kom en die lewe te leef. Maar daar is vroue wat dit regkry – soos byvoorbeeld Carrie .

Ek is mal oor haar. Sy skryf oor haar oefenprogram, en hoe sy al die begeerte kry om te oefen – as gevolg van daardie lekker gevoel wat die endorfien jou gee. Na my mening het sy in die posisie gekom waar sy vryelik kan oefen, deur eers die samelewing se mislike vooroordele oor vetties af te skud. Dus, sy het eers die feministies geinspireerde politiek van vet aanvaarding aangeleer, en dit het haar in staat gestel om haar lewe oop en onbevange te leef en ook oefening te kry.

6 responses

  1. James

    Hi. I don’t quite know how how I came to be on your mailing list, but I do know that I wish it had happened sooner. I love your photo’s. I love the girls. I would like to know however, how do I get into/onto your blog (I am a bit of a IT dinosaur). I would also like to be able to make/leave comments on the pitures you mail out. Do you have any other lists? Regards

    Like

    2011/10/31 om 14:41

    • Hello James -I’m glad you like it.

      The easiest way to comment would be if you have a WordPress.com blog (and you are signed in to it). Go to wordpress.com to sign up.
      Or, if you do not want a blog, you can get a comment id at gravatar.com.

      I do not mail out any pictures – you must have subscribed to the blog via email. You should be able to unsubscribe via a link in the email, or if that fails, please let me know.

      Like

      2011/10/31 om 16:28

      • James

        Thanks for the swift reply.
        I will (attempt to) get onto the blog stat!
        I realise you do bnot send out pictures, I was talking about the ones that come to me via EELT.
        I do NOT want to unsubscribe – I LOVE your girls!

        Like

        2011/11/02 om 05:46

      • Hi. How can I re-subscribe?

        Like

        2012/12/30 om 08:09

  2. Rolien

    Ek wil fotos stuur

    Liked by 1 person

    2012/12/20 om 23:10

  3. Michael

    Hoe kan n mens Subscribe

    Like

    2013/01/03 om 13:39

Lewer kommentaar op hierdie inskrywing

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.