Kaal meisies, mooi natuurlike vroue. Die mooiste fotos ooit. Die beste mans ooit

Posts tagged “powa

Verstaan asseblief wat die Marie Clare fotos wil sê oor vroue

Jy kan ook van vetaanvaarding lees op hierdie blog; Hierso (jy weet jy wil)

Mense besoek my blog, nie bietjie nie – agter Minki-hulle se kaalfotos aan.  Ek het besluit om my nuttig te hou, en elke foto se betekenis in woorde te sit.  Die fotos is so goed gedoen, en behoort te help om geweld teen vroue te bekamp as mens die fotograaf / Marie Clare / POWA se bedoeling kan verstaan.  Die goed wat ek hieronder skryf gaan oor die fotos, en is nie noodwendig waar van die modelle nie.

(meer…)


Kan vroulike naaktheid ‘n man tot geweld teen vroue dryf?

Ek verbaas my oor die debat rondom Minki,  Christina Storm en ander se naakfotos in Marie Claire.  Daardie fotos laat my glad nie geweldadig voel nie.  Ek kyk net daarna en dink hoe sweet en onskuldig hulle en hulle mans lyk.  Veral Christina Storm, en Natalie Hinds se fotos is baie sweet.  En ek vind die fotos ook nie eintlik  prikkelend nie – hulle mans se teenwoordigheid in die fotos verdryf enige moontlikheid van drome droom.   Daar is  wel ander fotos wat my rasend van begeerte maak, maar die Marie Claire fotos is nie daardie soort fotos nie.  Ek hoop al die mense wat so rasend na “minki visser kaal” op my blog soek, sien dit ook so.

Die fotos laat my eintlik net rustig en gelukkig voel.   Amper soos Rembrandt se Danaë hieronder, is dit nie uitlokkend nie – dis ‘n intieme kykie na iemand anders se liefdesgeluk.   Tog is die Danaë geweldadig met ‘n mes en suur aangeval.   ‘n Hof het die aanvaller later versteurd bevind, en die skildery self is met groot moeite en koste gerestoureer.  So miskien kan die sien van iemand anders se liefdesgeluk soms ‘n jaloerse versteurde na ‘n mes laat gryp.  Maar dis die jaloesie, nie die naaktheid nie.

rembrandt_danae


’n Kaal Minki Visser

Agt bekendes en hul wederhelftes trek in die jongste uitgawe van die tydskrif Marie Claire al hul klere uit om bewustheid oor geweld teen vroue te skep.

’n Kaal Minki Visser (voorheen Van der Westhuizen) pryk op die voorblad met haar man, Constant, wat van agter sy hande oor haar borste vou.

Die tydskrif is van vandag af landwyd te koop.

Dit bevat stoute foto’s van dié paartjies, asook hul standpunte oor geweld teen vroue en hul geheime vir ’n suksesvolle verhouding.

Die foto’s, wat deur Marc Cameron geneem is, word ten bate van die menseregtegroep People Opposing Women Abuse (Powa) opgeveil.   – Beeld

Update:  Hier is die res van die die fotos.

(meer…)